Die huis Studland in Simonstad is die oudste gebou in Suid-Afrika spesiaal gebou om ‘n kroeg te huisves.

Die gebou is geleë in St. George-straat (die M4) by 34° 11′ 36″ suid, 18° 26′ 5″ oos en skuins teenoor die Admiraliteitshuis.

Dit staan op ‘n eiendom wat in 1797 toegeken is aan Johannes Paulus Eksteen. Hy vestig hier ‘n wynhuis en word in die besigheid deur sy seun opgevolg. Daarna is Daniël van Reenen die kastelein. In 1840 het laasgenoemde die saak uitgebrei deur ‘n brouery langsaan te begin en word Sudland ‘n woonhuis vir die brouer. Nadat die brouery in ±1885 gestaak is, koop Henry Lankester in die vroeë 1890’s die gebou. Sy vrou noem die huis Studland na die Studlandbaai aan die suidkus van Engeland.

Die gebou is in 1967 tot kultuurmonument verklaar.

Bibliografie Custos. Deel 19, nr. 5, Augustus 1990. ISSN 0379-9921 Fransen, Hans: A guide to the old buildings of the Cape. A survey of extant architecture from before c1910 in the area of Cape Town, Calvinia, Colesberg, Uitenhage. Kaapstad: Jonathan Ball, 2004. 

Kategorie:Monumente en gedenkwaardighede in Suid-Afrika Kategorie:Kaapstad