Jerome David Salinger (1 Januarie 1919 – 27 Januarie 2010) was 'n Amerikaanse skrywer. Hy is veral bekend vir sy 1951-roman getiteld The Catcher in the Rye. Salinger het verskeie kortverhale gepubliseer in die tydskrif Story in 1940, voordat hy diens gedoen het in die Tweede Wêreldoorlog."J. D. Salinger". EXPLORING Novels. Detroit: Gale, 2003. Web. November 9, 2010. In 1948 het sy krities bekroonde verhaal "A Perfect Day for Bananafish" verskyn in The New Yorker, wat baie van sy latere werk gepubliseer het.

The Catcher in the Rye (1951) was 'n onmiddellike sukses; Salinger se uitbeelding van adolessente vervreemding en die verlies van onskuld was invloedryk op veral jong lesers. Die roman is wyd gelees en was baie kontroversieel. Die sukses daarvan het die openbare verbeelding gaande gemaak en die leserspubliek geboei en aangegryp. Salinger het algaande 'n kluisenaarsbestaan begin voer en minder gepubliseer. The Catcher in the Rye is opgevolg met 'n kortverhaalbundel, getiteld Nine Stories (1953); Franny and Zooey (1961), 'n volume werk wat 'n novelle en 'n kortverhaal ingesluit het; en 'n volume werk wat twee novelle bevat het, getiteld Raise High the Roof Beam, Carpenters and Seymour: An Introduction (1963). Salinger se laaste gepubliseerde werk, die novelle Hapworth 16, 1924, het op 19 Junie 1965 verskyn in The New Yorker.

Hierna het Salinger 'n stryd gevoer teen ongeoorloofde aandag, insluitende 'n regstryd in die 1980's teen die biograaf Ian Hamilton en die uitreiking in die laat-1990's van memoirs geskryf deur twee persone met wie hy nouliks verbind was: sy voormalige minnares Joyce Maynard, en sy dogter Margaret Salinger.

Lys van werke Boeke The Catcher in the Rye (1951) Nine Stories (1953) "A Perfect Day for Bananafish" (1948) "Uncle Wiggily in Connecticut" (1948) "Just Before the War with the Eskimos" (1948) "The Laughing Man" (1949) "Down at the Dinghy" (1949) "For Esmé—with Love and Squalor" (1950) "Pretty Mouth and Green My Eyes" (1951) "De Daumier-Smith's Blue Period" (1952) "Teddy" (1953) Franny and Zooey (1961), verwerking van "Ivanoff, the Terrible" (1956) "Franny" (1955) "Zooey" (1957) Raise High the Roof Beam, Carpenters and Seymour: An Introduction (1963) "Raise High the Roof-Beam, Carpenters" (1955) "Seymour: An Introduction" (1959)

Gebundelde kortverhale Three Early Stories (2014) "The Young Folks" (1940) "Go See Eddie" (1940) "Once a Week Won't Kill You" (1944)

The Complete Uncollected Short Stories of J. D. Salinger, Vol. 1 & 2 (1974) (Ongeoorloofde uitgawe)

Gepubliseerde verhale (ongebundel) "The Hang of It" (1941, heruitgegee in The Kit Book for Soldiers, Sailors and Marines, 1943) "The Heart of a Broken Story" (1941) "Personal Notes of an Infantryman" (1942) "The Long Debut of Lois Taggett" (1942, heruitgegee in Stories: The Fiction of the Forties, ed. Whit Burnett, 1949) "The Varioni Brothers" (1943) "Both Parties Concerned" (1944) "Soft-Boiled Sergeant" (1944) "Last Day of the Last Furlough" (1944) "Elaine" (1945) "The Stranger" (1945) "I'm Crazy" (1945) "A Boy in France" (1945, heruitgegee in Post Stories 1942–45, ed. Ben Hibbs, 1946 en die Julie/Augustus 2010 uitgawe van die Saturday Evening Post-tydskrif), verwerking van "What Babe Saw, or Ooh-La-La!" (1944) "This Sandwich Has No Mayonnaise" (1945, heruitgegee in The Armchair Esquire, ed. L. Rust Hills, 1959) "Slight Rebellion off Madison" (1946, heruitgegee in Wonderful Town: New York Stories from The New Yorker, ed. David Remnick, 2000) "A Young Girl in 1941 with No Waist at All" (1947) "The Inverted Forest" (1947) "Blue Melody" (1948) "A Girl I Knew" (1948, heruitgegee in Best American Short Stories 1949, ed. Martha Foley, 1949) "Hapworth 16, 1924" (1965)

Ongepubliseerde verhale "The Survivors" (1939) "The long hotel story" (1940) "The Fishermen" (1941) "Lunch for Three" (1941) "I Went to School with Adolf Hitler" (1941) "Monologue for a Watery Highball" (1941) "The Lovely Dead Girl at Table Six" (1941) "Mrs. Hincher" (1942), ook bekend as "Paula" "The Kissless Life of Reilly" (1942) "The Last and Best of the Peter Pans" (1942) "Holden On the Bus" (1942) "Men Without Hemingway" (1942) "Over the Sea Let’s Go, Twentieth Century Fox" (1942) "The Broken Children" (1943) "Paris" (1943) "Rex Passard on the Planet Mars" (1943) "Bitsey" (1943) "What Got Into Curtis in the Woodshed" (1944) "The Children's Echelon" (1944), ook bekend as "Total War Diary" "Boy Standing in Tennessee" (1944) "The Magic Foxhole" (1944) "Two Lonely Men" (1944) "A Young Man in a Stuffed Shirt" (1944) "The Daughter of the Late, Great Man" (1945) "The Ocean Full of Bowling Balls" (1947) "Birthday Boy" (1946), ook bekend as "The Male Goodbye" "The Boy in the People Shooting Hat" (1948) "A Summer Accident" (1949) "Requiem for the Phantom of the Opera" (1950)

Notas

Verwysings

Bronnelys

Slawenski, Kenneth (2010). J. D. Salinger: A Life Raised High, Londen, Pomona Books.

Herdruk in

Eksterne skakels

Implied meanings in J. D. Salinger stories and reverting Dead Caulfields – The Life and Work of J.D. Salinger Catching Salinger – 'n reeks dokumentêre programme oor die soektog na J.D. Salinger J.D. Salinger biografie, aanhalings, multimedia, onderwyshulpbronne Essay on Salinger's life from Haaretz J.D. Salinger – Hartog Letters, University of East Anglia Salinger and 'Catcher in the Rye' — skyfievertoning deur Life magazine The Man in the Glass House — Ron Rosenbaum se 1997-profiel vir Esquire

J. D. Salinger at Morgan Library & Museum; Letters by J. D. Salinger 2010 exhibition

Kategorie:Geboortes in 1919 Kategorie:Sterftes in 2010 Kategorie:Amerikaanse skrywers