Die Wes-Filippynse See (Filippyns: Kanlurang Dagat ng Pilipinas; of Karagatang Kanlurang Pilipinas; afgekort as WPS) is die benaming wat deur die regering van die Filippyne gebruik word vir dié dele van die Suid-Chinese See wat binne die land se uitsluitlike ekonomiese sone val. Die term is oorspronklik in die 1960’s gebruik om te verwys na die watermassa aan die oostelike kus van die Filippyne. Die naam is later in die middel 2000’s hergebruik deur die Filippynse regering om te verwys na die watermassa aan die land se westekant rondom die Spratly-eilande en Scarborough-sandbank weens territoriale geskille met die Volksrepubliek China. Die Filippynse regering het die amptelike gebruik van die benaming "Wes-Filippynse See" in 2012 verpligtend gemaak.

Verwysings

Kategorie:Geografie van die Filippyne