Iwan Petrowitsj Pawlof (26 September 1849 – 27 Februarie 1936) was 'n Russiese en Sowjetse eksperimentele neuroloog en fisioloog bekend vir sy ontdekking van klassieke kondisionering deur sy eksperimente met honde. Pawlof het ook betekenisvolle navorsing gedoen oor die fisiologie van vertering, waarvoor hy in 1904 die Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde ontvang het.

Verwysings

Kategorie:Geboortes in 1849 Kategorie:Sterftes in 1936 Kategorie:Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde wenners Kategorie:Russiese wetenskaplikes