Microdon capitatus is 'n klein tot medium struik wat deel van die Scrophulariaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap vanaf Clanwilliam tot by Kaapse Skiereiland voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 1 300 km² en daar is slegs vyf bevolkings bekend. Die spesie staan habitat af aan die verbouing van koring en rooibostee, dieaanlê van wingerde, ontwikkeling aan die kus en indringerplante.

Die plant is deel van die fynbos en blom van Oktober tot Desember.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Biodiversityadvisor John Manning. 2018. Field Guide to Fynbos, Struik Nature, 2018

capitatus Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika