thumb|260px|Formule 1 logo Die 2026 Formule 1-seisoen is onderweg om die 77ste Formule 1-seisoen te wees. "Formule 1", amptelik die "FIA Formule Een Wêreldkampioenskap," is die hoogste klas van motorsport soos gedefinieer deur die Fédération Internationale de l'Automobile (FIA). Die kampioenskap, wat van Maart tot Desember gehou word, sal uit twee-en-twintig Grands Prix bestaan, nadat die Bahreinse Grand Prix en Saoedi-Arabiese Grand Prix weens die voortdurende oorlog in die Midde-Ooste afgelas is.
Die 2026-seisoen sal groot regulasieveranderinge inlui, met nuwe motors en enjins. Motors sal met aktiewe aërodinamika en beweegbare vleuels bekendgestel word.
Algemeen Verandering in regulasies Die voorskrifte vir die enjin, aërodinamika, geometrie en veiligheidsregulasies sal almal vir die 2026-seisoen hersien word.
Tegniese regulasies Die sewentiende weergawe van die tegniese regulasies vir die 2026-seisoen is op 28 April 2025 gepubliseer.
Afmetings en aërodinamika van motors Op 6 Junie 2024 is die 2026-motorkonsep onthul. Die konsep beskik oor nuwe aktiewe aërodinamika in beide die voor- en agtervlerke. In die konsep is die sleepverminderingstelsel afgeskaf en vervang deur 'n nuwe handmatige enjinmodus. Die wielbasis is verminder van 360 cm tot 340 cm, die breedte is verminder van 200 cm tot 190 cm, en die minimum massa is verminder tot 768 kg. Die breedte van die voor- en agterbande sal onderskeidelik met 2,5 cm en 3,0 cm verminder word. Die vloer sal 'n verminderde grondeffek hê om die probleme wat motors met bons tydens bestuur gehad het, te verlig.
Kragbron Nuwe krageenheidregulasies sal vir die 2026-seisoen ingestel word. Die nuwe krageenhede sal steeds meer as 1 000 pk (750 kW) produseer, hoewel krag uit verskillende bronne aangewend word. Die enjinregulasies sal die 1.6-liter turbo-aangejaagde V6-binnebrandenjin behou wat sedert 2014 gebruik word. Die MGU-H (Motor Generator Unit - Heat), wat ook sedert 2014 gebruik word, sal egter verbied word, terwyl die krag van die MGU-K (Motor Generator Unit - Kinetic) verhoog sal word van 160 pk (120 kW) tot 470 pk (350 kW).
Die krag van die interne verbrandingsgedeelte van die krageenheid sal afneem van 630 kW tot 400 kW. Die krageenhede sal 'n ten volle volhoubare brandstof gebruik wat deur Formule 1 ontwikkel word. Daar word verwag dat die krageenhede twee keer soveel elektriese energie as voorheen sal herwin.
Sportregulasies Die sesde weergawe van die sportregulasies vir die 2026-seisoen is op 28 April 2026 gepubliseer.
Naelren Hierdie seisoen, soos in 2025, sal die naelren by ses Grands Prix gehou word. Die Chinese, Miami, Kanadese, Britse, Nederlandse en Singapoerse Grands Prix sal die naelren-formaat aanbied. Vir Kanada, Nederland en Singapoer sal dit die eerste keer wees waar 'n naelren plaasvind.
Hittegevaar Indien die amptelike weerdiens voorspel dat die hitte-indeks 30.5°C sal oorskry op enige stadium gedurende die naelren of wedren, of indien die wedrendirekteur so bepaal, kan 'n hittegevaar 24 uur voor die geskeduleerde begin van die naelren of wedren verklaar word. Sodra 'n hittegevaar verklaar is, moet bykomende items om die bestuurder te help afkoel, aangebring word.
Wegspringrooster Die voorlopige wegspringrooster sal nie later nie as twee uur voor die geskeduleerde begin van die formasierondte vir die wedren aangekondig word. In vorige jare was dit vier uur.
Finansiële regulasies Die sesde weergawe van die Finansiële Tegniese Regulasie is op 28 April 2026 deur FIA gepubliseer.
Kalender duimnael|280px|Lande wat 'n Grand Prix in 2026 aanbied, word in groen aangedui, vorige gasheerlande word in donkergrys aangedui. Op 10 Junie 2025 is die kalender amptelik aangekondig. Daar verskyn vier-en-twintig Grands Prix op die kalender. RondeGrand PrixBaanPlekDatum1GP van Australië Albert Park RenbaanMelbourne8 Maart2GP van China Shanghai Internasionale RenbaanShanghai15 Maart3GP van Japan Suzuka Internasionale RenbaanSuzuka29 Maart4GP van Miami Miami International AutodromeMiami Gardens (Florida)3 Mei5GP van Kanada Gilles Villeneuve-renbaanMontreal (Quebec)24 Mei7GP van Monaco Monaco-renbaanMonaco7 Junie7GP van Barcelona-Katalonië Barcelona-Catalunya-renbaanMontmeló14 Junie8GP van Oostenryk Red Bull RingSpielberg28 Junie9GP van Groot-Brittanje Silverstone-renbaanSilverstone5 Julie10GP van België Circuit de Spa-FrancorchampsStavelot19 Julie11GP van Hongarye HungaroringMogyoród26 Julie12GP van Nederland Zandvoort-renbaanZandvoort23 Augustus13GP van Italië Autodromo Nazionale di MonzaMonza6 September14GP van Spanje Circuito de MadringMadrid13 September15GP van Azerbeidjan Bakoe-straatrenbaanBakoe26 September16GP van Bahrein Sepang Internasionale RenbaanSepang4 Oktober17GP van Singapoer Marinabaai StraatrenbaanSingapore11 Oktober18GP van die Verenigde State Circuit of the AmericasAustin (Texas)25 Oktober19GP van Meksiko-Stad Autódromo Hermanos RodríguezMeksikostad1 November20GP van São Paulo José Carlos Pace-renbaanSão Paulo8 November21GP van Las Vegas Las Vegas StraatrenbaanLas Vegas (Nevada)21 November22GP van Katar Losail Internasionale RenbaanLusail29 November23GP van Aboe Dhabi Yas Marina-renbaanYas6 Desember
Kalenderwysigings in 2026 Die Emilia-Romagna Grand Prix het van die kalender verdwyn omdat die kontrak nie hernu is nie. Die Kanadese Grand Prix is op die kalender vervroeg om die doeltreffendheid van vragvervoer te verbeter. Vrag kan nou van Miami Gardens direk na Montreal vervoer word sonder om eers na Monaco en Montmeló in Europa te reis. Die Spaanse Grand Prix sal by die Madring-straatrenbaan in Madrid gehou word in plaas van die Circuit de Barcelona-Catalunya, wat ook 'n ren genaamd die Barcelona-Katalonië Grand Prix aanbied. Die Nederlandse Grand Prix is vir die laaste keer op die kalender en sal vir die eerste keer 'n naelren aanbied. Die Azerbeidjanse Grand Prix word met een dag vervroeg weens die land se Herdenkingsviering op 27 September. Op versoek van die organiseerders sal die wedren op Saterdag 26 September gehou word. Op 26 Julie 2026 is aangekondig dat die Bahreinse Grand Prix van Sakhir na die Sepang Internasionale Renbaan in Sepang, Maleisië, verskuif word, waar die Maleisiese Grand Prix laas in 2017 gehou is. Die wedren op 4 Oktober sal amptelik die Gulf Air Bahreinse Grand Prix in Maleisië genoem word.
Afgelaste renne Op 13 Maart 2026 word bekendgemaak dat die Bahreinse Grand Prix en Saoedi-Arabiese Grand Prix nie sal plaasvind in April nie, vanweë die voortgesette oorlog in Iran en die Midde-Ooste.
RondteGrand PrixBaanPlekOorspronklike datum4GP van Bahrein Bahrein Internasionale RenbaanSakhir12 April5GP van Saoedi-Arabië Djedda-straatrenbaanJeddah19 April
Inskrywings Die volgende vervaardigers en jaers is onder kontrak om aan die 2026 Wêreldkampioenskap deel te neem. Alle spanne ding mee met bande wat slegs deur Pirelli verskaf word. Elke span het ten minste twee renjaers ingeskryf, een vir elk van die twee verpligte motors. +InskrywerVervaardigerOnderstelKragbronNr.RenjaerNr.Renjaers invrye oefening BTW Alpine F1-spanAlpine-MercedesA526Mercedes M17E Performance Pierre Gasly1–1561 Paul Aron13 Franco Colapinto1–1561 Paul Aron11 Aston Martin Aramco F1-spanAston Martin Aramco-HondaAMR26Honda RA626H Fernando Alonso1–1534 Jak Crawford3, 10 Lance Stroll1–1534 Jak Crawford8 Atlassian Williams F1-spanAtlassian Williams-MercedesFW48Mercedes M17E Performance Alexander Albon1–1546 Luke Browning7, 13 Carlos Sainz jr.1–1546 Luke Browning8Audi Revolut F1-spanAudiR26Audi AFR 26 Hybrid Gabriel Bortoleto1–1597 Paul Aron8 Nico Hülkenberg1–1597 Paul Aron7 Cadillac F1-spanCadillac-FerrariMAC-26Ferrari 067/6 Sergio Pérez1–1525 Colton Herta7, 13 Valtteri Bottas1–1525 Colton Herta11 Scuderia Ferrari HPFerrariSF-26Ferrari 067/6 Charles Leclerc1–1538 Dino Beganovic8 Lewis Hamilton1–1538 Dino Beganovic7 TGR Haas F1-spanHaas-FerrariVF-26Ferrari 067/6 Esteban Ocon1–1550 Ryō Hirakawa8 Oliver Bearman1–1550 Ryō Hirakawa11 McLaren Mastercard F1-spanMcLaren-MercedesMCL40Mercedes M17E Performance Lando Norris1–15 67 Leonardo Fornaroli7 Oscar Piastri1–1567 Leonardo Fornaroli11 Mercedes AMGF1 W17Mercedes M17E Performance Kimi Antonelli1–1572 Frederik Vesti7, 11 George Russell1–15 Visa Cash App Racing Bulls F1-spanRacing Bulls-Red Bull FordVCARB 03Red Bull Ford DM01 Liam Lawson1–11, 1590 Ayumu Iwasa8 Yuki Tsunoda12–14 Arvid Lindblad1–15 Oracle Red Bull RacingRed Bull Racing-Red Bull FordRB22Red Bull Ford DM011–1536 Ayumu Iwasa13 Isack Hadjar1–11, 1536 Ayumu Iwasa7 Liam Lawson12–14 Bron: FIAAmptelike inskrywingslyste:
Uitslae en ranglys Grands Prix RondeGrand PrixVoorste wegspringplekVinnigste rondeWenner(renjaer)Wenner(vervaardiger)Verslag1 Australiese Grand Prix George Russell Max Verstappen George Russell Mercedes AMG Verslag2 Chinese Grand Prix +Naelren *1 Kimi Antonelli Kimi Antonelli Kimi Antonelli Mercedes AMG Verslag3 Japannese Grand Prix Kimi Antonelli Kimi Antonelli Kimi Antonelli Mercedes AMG Verslag4 20px|rand|Vlag van Miami Miami Grand Prix +Naelren *2 Kimi Antonelli Lando Norris Kimi Antonelli Mercedes AMG Verslag5 Kanadese Grand Prix +Naelren *1 George Russell Kimi Antonelli Kimi Antonelli Mercedes AMG Verslag6 Monaco Grand Prix Kimi Antonelli Kimi Antonelli Kimi Antonelli Mercedes AMG Verslag7 George Russell Lewis Hamilton Lewis Hamilton Ferrari Verslag8 Oostenrykse Grand Prix George Russell Kimi Antonelli George Russell Mercedes AMG Verslag9 Britse Grand Prix +Naelren *3 Kimi Antonelli Kimi Antonelli Charles Leclerc Ferrari Verslag10 Belgiese Grand Prix Kimi Antonelli Lando Norris Kimi Antonelli Mercedes AMG Verslag11 Hongaarse Grand Prix Lando Norris Charles Leclerc Lando Norris McLaren-Mercedes Verslag12 Nederlandse Grand Prix +Naelren *1 Lando Norris Charles Leclerc Lando Norris McLaren-Mercedes Verslag13 Italiaanse Grand Prix Pierre Gasly Kimi Antonelli Kimi Antonelli Mercedes AMG Verslag14 Spaanse Grand Prix Lando Norris George Russell Kimi Antonelli Mercedes AMG Verslag15 Azerbeidjanse Grand Prix George Russell George Russell George Russell Mercedes AMG Verslag16 Bahreinse Grand Prix Verslag17 Singapoerse Grand Prix +Naelren Verslag18 Verenigde State Grand Prix Verslag19 20px|rand|Vlag van Meksikostad Meksikostad Grand Prix Verslag20 18px|rand|Vlag van São Paulo São Paulo Grand Prix Verslag21 20px|rand|Vlag van Las Vegas Las Vegas Grand Prix Verslag22 Katarse Grand Prix Verslag23 20px|rand|Vlag van Aboe Dhabi Aboe Dhabi Grand Prix Verslag *1 George Russell wen drie naelrenne: die Chinese Grand Prix, die Kanadese Grand Prix asook die Nederlandse Grand Prix. *2 Lando Norris wen die naelren van die Miami Grand Prix. *3 Kimi Antonelli wen die naelren van die Britse Grand Prix.
Puntestelsel Punte word volgens 'n glyskaal toegeken vir die eerste tien geklassifiseerde renjaers. Punte vir die naelren word op 'n glyskaal toegeken vir die eerste agt geklassifiseerde renjaers. Die punte vir elke wedren word soos volg toegeken:
Plek1ste2de3de4de5de6de7de8de9de10deGrand Prix251815121086421Naelren87654321
Ranglys van renjaers