Die nasionale vlag van Italië (Italiaans: ) is op 19 Junie 1946 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon drie ewe wye vertikale bane in groen, wit en rooi met die groen baan aan die vlagpaalkant soos gedefinieer in Artikel 12 van die Italiaanse grondwet.Costituzione della Repubblica Italiana Art. 12, 22 Desember 1947, pubblicata nella Gazzetta Ufficiale n. 298 van 27 Desember 1947, buitengewone uitgawe (gepubliseer in die Staatskoerant van die Italiaanse Republiek, No. 298 van 27 Desember 1947, buitengewone uitgawe) “La bandiera della Repubblica è il tricolore italiano: verde, bianco, e rosso, a tre bande verticali di eguali dimensioni” Daar word na die vlag as die Driekleur (. Die Italiaanse wet reguleer die gebruik en vertoon daarvan, beskerm die verdediging daarvan en maak voorsiening vir die vlagskennis; dit skryf ook die onderrig daarvan in Italiaanse skole voor, saam met ander nasionale simbole van Italië.

Die Italiaanse vlagdag, genaamd Driekleurdag is ingestel deur wet nr. 671 van 31 Desember 1996 en word elke jaar op 7 Januarie gevier. Hierdie viering herdenk die eerste amptelike aanvaarding van die driekleur as ’n nasionale vlag deur ’n soewereine Italiaanse staat, die Cispadaanse Republiek, ’n Napoleontiese susterrepubliek van die Eerst eFranse Republiek, wat op 7 Januarie 1797 in Reggio Emilia plaasgevind het, op grond van die gebeure na die Franse Rewolusie (1789–1799) wat, onder andere, nasionale selfbeskikking bepleit het. Die Italiaanse nasionale kleure het vir die eerste keer op 21 Augustus 1789in Genua verskyn op ’n driekleur-kokade, wat die eerste groen, wit en rooi Italiaanse militêre oorlogsvlag met sewe jaar vooruitgegaan het, wat op sy beurt op 11 Oktober 1796 deur die Lombardiese Legioen in Milaan aangeneem is.

Na 7 Januarie 1797 het die steun vir die Italiaanse vlag bestendig gegroei, totdat dit een van die belangrikste simbole van Italiaanse eenwording geword het, wat op 17 Maart 1861 uitgeloop het op die proklamasie van die Koninkryk van Italië, waarvan die driekleur die nasionale vlag geword het. Na die aanneming daarvan het die driekleur een van die mees herkenbare en bepalende kenmerke van die verenigde Italiaanse staatskap in die volgende twee eeue van die geskiedenis van Italië geword.

Geskiedenis Die Franse Rewolusie thumb|left|Die Franse kokarde, wat ontstaan het en versprei isonder die opstande van die Franse Rewolusie Die Italiaanse driekleur, soos ander driekleurvlae, is geïnspireer deur die Franse een, wat deur die rewolusie in 1790 op Franse vloot-oorlogskepe ingebruik geneem is, en is simbolies van die hernuwing wat deur die oorsprong van Jakobinisme teweeggebring is. Kort na die gebeure van die Franse rewolusie het die ideale van sosiale vernuwing wyd begin versprei op grond van die voorspraak van die Verklaring van die Regte van die Mens en van die Burger van 1789, insluitend in Italië. Daarop het politieke vernuwing gevolg met die eerste patriotiese gisting gerig op nasionale selfbeskikking wat later gelei het tot die Italiaanse eenwording op die Italiaanse skiereiland. Om hierdie rede het die Franse blou, wit en rooi vlag die eerste verwysing van die Italiaanse Jakobyne geword en vervolgens ’n bron van inspirasie vir die skep van ’n Italiaanse identiteitsvlag.

Op 12 Julie 1789, twee dae voor die bestorming van die Bastille, het die rewolusionêre joernalis Camille Desmoulins die betogers gevra watter kleur hulle as simbool van die Franse Rewolusie moes aanneem terwyl hy die Paryse skare tot opstand aangemoedig het, en groen, ’n simbool van hoop, of die blou van die Amerikaanse Rewolusie, ’n simbool van vryheid en demokrasie, voorgestel. Die skare het aangedring op groen kokardes. Desmoulins het toe ’n groen blaar opgetel en dit bo sy kop as hoed gehou as ’n kenmerkende teken van die rewolusionêre. Die groen in die primitiewe Franse kokarde, is onmiddellik laat vaar ten gunste van blou en rooi, die antieke kleure van Parys, omdat dit ook die kleur van die koning se broer, die Graaf van Artesië, was wat na die Eerste Teruggawe monarg geword het as Karel X van Frankryk. Die Franse driekleurkokarde is toe op 17 Julie 1789 voltooi met die byvoeging van wit, die kleur van die Huis van Bourbon, uit eerbied vir koning Lodewyk XVI van Frankryk, wat steeds regeer het ten spyte van die gewelddadige opstande wat in die land gewoed het; die Franse monargie is op 10 Augustus 1792 afgeskaf.

thumb|left|Die Italiaanse kokarde waarop die nasionale kleure van Italië in 1789 gebaseer is Die eerste gedokumenteerde gebruik van die Italiaanse nasionale kleure is 21 Augustus 1789. In die historiese argiewe van die Republiek Genua word berig dat ooggetuies gesien het hoe sommige betogers ’n rooi, wit en groen kokarde aan hul klere vertoon. Die Italiaanse koerante van daardie tyd het verwarring geskep oor die feite van die Franse Rewolusie, spesifiek in verband met die vervanging van groen met blou, en berig dat die Franse driekleur groen, wit en rooi was. Toe die korrekte inligting oor die chromatiese samestelling van die Franse driekleur Italië bereik het, het die Italiaanse Jakobyne besluit om groen in plaas van blou te hou, omdat dit die natuur voorgestel het en dus metafories ook verwys het na natuurlike regte, of sosiale gelykheid en vryheid, al drie beginsels wat vir hulle kosbaar was.

Die rooi, wit en groen kokarde het toe ’n paar jaar later, op 13–14 November 1794, weer verskyn en is gedra deur ’n groep studente van die Universiteit van Bologna, gelei deur Luigi Zamboni en Giovanni Battista De Rolandis, wat ’n volksoproer wou beplan om die Katolieke regering van Bologna, ’n stad wat destyds deel was van die Kerklike Staat, omver te werp. Zamboni en De Rolandis het hulself as “patriotte” gesien en driekleurkokardes gedra om aan te dui dat hulle geïnspireer is deur Jakobynse rewolusionêre ideale, maar het dit ook aangepas om hulle kokarde van die Franse kokarde te onderskei.

Die rooi, wit en groen kokarde het na die gebeure van Bologna verskyn tydens Napoleon Bonaparte se intog in Milaan op 15 Mei 1796 plaasgevind het. Hierdie kokardes, met die tipiese sirkelvorm, het rooi aan die buitekant, groen op ’n tussenposisie en wit in die middel gehad. Hierdie ornamente is deur die oproeriges gedra, selfs tydens die godsdienstige seremonies wat in die Katerdaal van Milaanse gehou is as teken van dank vir Napoleon, wat, ten minste aanvanklik, as ’n bevryder beskou is. Die driekleurkokardes het toe een van die amptelike simbole geword van die Milanese Nasionale Garde, wat op 20 November 1796 gestig is, en het vandaar verder in die Italiaanse skiereiland versprei. Die groen, wit en rooi kokarde het later in so ’n mate versprei dat dit geleidelik die enigste ornament was wat in Italië deur die oproeriges gebruik is. Die patriotte het dit “Italiaanse kokarde” begin noem, wat dit een van die simbole van die land gemaak het. Die groen, wit en rooi driekleur het dus ’n sterk patriotiese waarde verkry en een van die simbole van nasionale bewustheid geword, ’n verandering wat geleidelik daartoe gelei het dat dit die kollektiewe verbeelding van die Italianers binnegedring het.

Die Napoleontiese tydperk thumb|left| Die oorlogsvlag van die Lombardiese Legioen, die eerste militêre eenheid om die drie Italiaanse kleure te aanvaar Die oudste gedokumenteerde vermelding van die Italiaanse driekleurvlag hou verband met Napoleon Bonaparte se eerste intog op die Italiaanse skiereiland. Die eerste gebied wat deur Napoleon verower is, was Piëmont; in die historiese argief van die Cherasco-munisipaliteit van Piëmont, word ’n dokument bewaar wat op 13 Mei 1796, tydens die Skietstilstand van Cherasco tussen Napoleon en die Oostenryks-Piëmontese troepe, die eerste vermelding van die Italiaanse driekleur bevestig, met verwysing na munisipale baniere wat op drie torings in die historiese sentrum gehys is. Giovanni Francesco Damilano, Libro familiare di me sacerdote ed avvocato Giovanni Francesco Damilano 1775–1802, Cherasco, Fondo Adriani, Historiese Argief van die Stad Cherasco, 1803, p. 36. In die dokument is die term “groen” later doodgetrek en vervang deur “blou”, die kleur wat – saam met wit en rooi – die Franse vlag vorm.

Met die aanvang van die eerste veldtog in Italië het die Jakobyne van die Italiaanse skiereiland op talle plekke in opstand gekom en, saam met die Italiaanse soldate wat in die Napoleontiese leër was, tot die Franse oorwinnings bygedra. Hierdie hernuwing is deur die Italianers aanvaar, ten spyte daarvan dat dit hoofsaaklik virdie gemak van Frankryk was, wat sterk imperialistiese neigings gehad het omdat die nuwe politieke situasie beter as die vorige een geag is. Hierdie tweeledige koppeling met Frankryk was meer aanvaarbaar as die vorige eeue van absolutisme.

thumb| Vlag van die Cispadaanse Republiek, die eerste Italiaanse driekleur wat deur ’n soewereine staat aanvaar is (1797) Op 11 Oktober 1796 het Napoleon die ontstaan van die Lombardiese Legioen, ’n militêre eenheid wat saamgestel is deur die Algemene Administrasie van Lombardye wat deur die Transpadaanse Republiek (1796–1797) gelei is, per brief aan die Directoire meegedeel. Op hierdie dokument is in verwysing na die oorlogsvlag wat op die Franse driekleur gevolg het en wat deur die Milaanse patriotte aan Napoleon voorgestel is, berig dat hierdie militêre eenheid ’n rooi, wit en groen banier sou hê, kleure wat voorheen deur die Milaanse Nasionale Wag gebruik is, sowel as op die kokardes. Op 11 Oktober 1796, het Napoleon soos volg aan die Directoire geskryf, “Les couleurs nationales qu’ils ont adoptées sont le vert, le blanc et le rouge” (die nasionale kleure wat hulle aanvaar het is groen, wit en rooi), Corr. Nap. II, No. 1085; sien Frasca, Francesco Les Italiens dans l’Armée napoléonienne: Des légions aux Armées de la République italienne et du Royaume d'Italie Etudes napoléoniennes, Tome IV (pp. 374–396) Levallois: Centre d’études napoléoniennes, 1988 In ’n seremonie op 16 November 1796 by die Piazza del Duomo is ’n militêre vlag aan die Lombardiese Legioen oorhandig. Die Lombardiese Legioen was dus die eerste Italiaanse militêre afdeling wat hom met ’n driekleurvlag in die vorm van ’n banier, toegerus het. Die eerste amptelike goedkeuring van die Italiaanse vlag deur die owerhede was dus as ’n militêre kenteken van die Lombardiese Legioen en nog nie as die nasionale vlag van ’n soewereine Italiaanse staat nie.

Met die opeenvolging van Napoleon se militêre oorwinnings en die gevolglike stigting van republieke wat gunstig gestaan het teenoor rewolusionêre ideale, is rooi, wit en groen in baie Italiaanse sttede op militêre baniere aanvaar as ’n simbool van sosiale en politieke vernuwing. Op 19 Junie 1796 is Bologna deur Napoleon se troepe beset. Op 18 Oktober 1796 het die Napoleontiese vergadering van landdroste en afgevaardigdes van Bologna, saam met die stigting van die Italiaanse Legioen (waarvan militêre banier bestaan het ​​uit ’n rooi, wit en groen driekleur, waarskynlik geïnspireer deur die soortgelyke besluit van die Lombardiese Legioen), besluit om ’n burgerlike banier van rooi, wit en groen te skep, hierdie keer onafhanklik van militêre gebruik. Die Italiaanse vlag het, na die aanvaarding deur die Bolognese vergadering, ’n politieke simbool geword van die stryd vir die onafhanklikheid van Italië van buitelandse moondhede. Die gebruik van die vlag in die burgerlike sfeer het dit ook dan ondersteun.

Die eerste rooi, wit en groen nasionale vlag van ’n soewereine Italiaanse staat is op 7 Januarie 1797 aangeneem, toe die Veertiende Parlement van die Cispadaanse Republiek (1797), op voorstel van Giuseppe Compagnoni, besluit het “om die … standaard of vlag van drie kleure, groen, wit en rooi …, universeel te maak”:The tri-coloured standard. Leer ken Italië, Ministerie van Buitelandse Sake (besoek op 5 Oktober 2008) thumb|left|Giuseppe Compagnoni word beskou as die “vader van die Italiaanse vlag”