Schtonk! (met die subtitel Der Film zum Buch vom Führer; "Die rolprent tot die boek van die Führer") is 'n Duitse satiriese rolprent van 1992 wat die verhaal vertel van die swendelary in 1983 met die Hitler-dagboeke. Dit is deur Helmut Dietl geskryf en geregisseer.

Agtergrond

In 1983 het die Duitse tydskrif Stern met groot fanfare begin met die publikasie van die veronderstelde Hitler-dagboeke. Hulle is gou met forensiese tegnieke vals bewys.

Die medeskrywer en regisseur Helmut Dietl het die skandaal twee jaar lank nagevors. Die titel verwys na Charlie Chaplin se klassieke prent The Great Dictator, waarin die diktator Adenoid Hynkel die woord "Schtonk!" herhaaldelik gebruik as 'n uitdrukking van afkeer. Die woord het geen betekenis in Duits nie.

Rolverdeling Götz George as Hermann Willié (joernalis; fiktiewe weergawe van Gerd Heidemann) Uwe Ochsenknecht as Fritz Knobel (die vervalser Konrad Kujau) Ulrich Mühe as dr. Wieland Harald Juhnke as Pit Kummer Hermann Lause as Kurt Glück Martin Benrath as Uwe Esser

Ontvangs en pryse Die prent was 'n groot sukses in Duitsland, maar het in baie ander lande swak gevaar. Dit was die Duitse prent met die tweede grootste wins van die jaar.

In 1992 het Schtonk! drie pryse gewen op die Deutscher Filmpreis-toekenningsaand en een op die Tokio- Internasionale Rolprentfees. Die fliek is ook vir 'n Oscar en Golden Globe benoem vir beste buitelandse prent.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Duitse rolprente