Die Hoërskool Oosterland is 'n openbare hoërskool in Mpumalanga, Suid-Afrika. Dit is 'n Afrikaans Engels-dubbelmediumskool vir seuns en dogters. Daar word informeel na die leerders verwys as Oosies.
Geskiedenis Die skool is op 13 Januarie 1988 as 'n Afrikaans-mediumskool geopen met 15 onderwysers en 355 leerders, en was eers bekend as die Tweede Afrikaanse Hoërskool. Die skool is later hernoem na Hoërskool Oosterland in 'n naamkompetisie.
Naam Die naam verwys histories na een van die Spiegelretoerskepe waarmee die Franse Hugenote in 1688 aangeland het (300 jaar voor die opening van die skool), naamlik die Oosterland. Geografies hou die naam Oosterland verband met die oostelike gedeelte van Secunda waarin die skool geleë is, sowel as die ligging van Secunda in die voormalige Oos-Transvaal (tans Mpumalanga).
Hoofde Die huidige skoolhoof is mnr. Pieter Lewis, wat in 2022 aangestel is. Hy is reeds 29 jaar by die skool betrokke en het voorheen as adjunkhoof gefunksioneer. Voor hom was die skoolhoof mev. Elzette Botes, 'n onderwyseres by die skool sedert die opening, en sy is formeel in 2008 in die amp bevestig. Voor haar was die skoolhoof mnr. L.L.J. van der Merwe, wat een van die stigters van die skool was en 'n sleutelrol in die oprigting en ontwikkeling van die skool in die aanvanklike jare vervul het. Mnr. Hannes Gertzen dien al sedert Januarie 2005 as adjunkhoof by die skool.
Hede
Kleredrag Die skool is welbekend vir sy uniform wat bestaan uit 'n rooi trui, 'n handelsmerk van die skool. Die Leerlingraad (Oosie Raad) vervul 'n sleutelrol in die handhawing van orde en dissipline by die skool; hulle is verantwoordelik vir toesig tydens pouses, die monitering van klasbywoning en die organisering van skoolfunksies. Hulle is herkenbaar aan hul roomkleurige broeke en blou truie wat van die res van die leerlinge se kleredrag verskil.
Sport Die skool beskik oor eersteklas sportfasiliteite wat bestaan uit 'n gimnasium en 'n krieketakademie (opgerig in 2010). Die eerste pawiljoen is ook in 2010 op die westekant van die A-Rugbyveld opgerig. 'n Hoofdoelwit is die ontwikkeling van sportspelers in die skool. Die skool neem jaarliks deel aan kompetisies in die volgende sportsoorte: rugby, krieket (seuns en dogters), sewesrugby, hokkie (seuns en dogters), jukskei en atletiek.
Kultuur Die skool is 'n toppresteerder op die gebied van kultuur. Openbare redevoering, debatvoering, orkes, skaak en landsdiens is slegs 'n paar van die vele aktiwiteite waarin die skool se leerlinge uitblink. Die skool se marsorkes is een van slegs vyf wat in Suid-Afrika oorgebly het en het 'n soort handelsmerk van die skool geword. Hulle het die inspeksie-afdeling van die SAMOV nasionale bandkompetisie in 2010 gewen.
Slaagsyfer +Matriek Eksamen Resultate 2020-2024JaarSlaagsyferTotaal GeskryfTotaal Geslaag202494.9%156148202383%165137202289.6%135121202193.4%167156202087.9%174153
Verwysings
Kategorie:Skole in Mpumalanga