Die Vrouekrieketwêreldbeker 2013 (Engels: 2013 Women’s Cricket World Cup; Hindi: 2013 महिला क्रिकेट विश्व कप) is van 31 Januarie tot 17 Februarie 2013 in Indië beslis. Dit was die tiende vrouekrieketwêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) en die tweede wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is. Daarbenewens was dit ná die 1978- en 1997-toernooie die derde in Indië.

duimnael|links|upright|Die Vrouekrieketwêreldbekertrofee waarom meegeding is Die toernooi se formaat van 2009 het onveranderd gebly en agt nasionale vrouekrieketspanne het aan die Vrouekrieketwêreldbeker 2013 deelgeneem: Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië. Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2013 is 25 wedstryde gespeel, waaronder twaalf tydens die groepfase, nege in die Super Ses en vier in die uitspeelwedstryde, insluitende die eindstryd. Die spanne is in twee groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het, dus het elke span drie groepwedstryde gespeel. Die drie beste spanne van elke groep het hierna vir die Super Ses gekwalifiseer, waarvandaan die twee beste spanne mekaar in die eindstryd ontmoet het, terwyl die twee naasbeste spanne mekaar om die derde plek en die twee daaropvolgende spanne om die vyfde plek gespeel het en die twee laaste spanne van elke groep die sewende plek beslis het. Elke wedstryd het uit 50 boulbeurte per span bestaan.

Australië het Wes-Indië in die eindstryd op die Brabourne-stadion in Mumbai met 114 lopies verslaan en sodoende sy sesde vrouekrieketwêreldbekertitel ingepalm. Die gasvroue Indië het Pakistan in die uitspeelwedstryd om die sewende plek met ses paaltjies verslaan. Die verdedigende kampioen Engeland het in die derde plek geëindig.

Deelnemers Agt nasionale vrouekrieketspanne het aan die Vrouekrieketwêreldbeker 2013 deelgeneem. Die vier beste spanne van die Vrouekrieketwêreldbeker 2009 – Australië, Engeland, Indië en Nieu-Seeland – het almal regstreeks gekwalifiseer. Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië het tydens die Vrouekrieketwêreldbekerkwalifisering 2011 gekwalifiseer, wat ook as kwalifisering vir die T20I-vrouewêreldbeker 2012 gedien het.

duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering; altesaam 18 spanne het deelgeneem. SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGasvroueAgtste2009Naaswenner (2005)RegstreeksTiende2009Kampioen (1978, 1982, 1988, 1997, 2005)Tiende2009Kampioen (1973, 1993, 2009)Tiende2009Kampioen (2000)Vrouekrieketwêreldbekerkwalifisering 2011Derde2009Sesde plek (2009)Vyfde2009Kwarteindrondte (1997)Vyfde2009Halfeindrondte (2000)Vyfde2009Vyfde plek (2009)

Stadions Der Vrouekrieketwêreldbeker 2013 is in verskeie stadions in die stede Mumbai en Cuttack aangebied. Die eindstryd is op die Brabourne-stadion in Mumbai beslis. Oorspronklik sou die hele toernooi slegs in Mumbai gehuisves word, maar ná Pakistan se kwalifisering en boikotdreigemente deur plaaslike partye moes die skedule verander word. Daar was ook wedstryde op die Wankhedestadion in Mumbai beplan, maar aangesien dié stadion se eienaar, die Mumbai-krieketvereniging die Ranji-trofee 2012/13-eindstryd verkies het, het die Indiese beheerliggaam al die wedstryde na ander stadions verskuif.

Mumbai Brabourne-stadion Bandra Kurla Complex Ground Middle Income Group Club Ground Kapasiteit: 50 000 Kapasiteit: onbekend Kapasiteit: onbekend 200px Cuttack Barabati-stadion DRIEMS Ground Kapasiteit: 45 000 Kapasiteit: onbekend 200px

Formaat Die Vrouekrieketwêreldbeker 2013 is oor 18 dae tussen agt verskillende spanne oor 25 wedstryde beslis. Dit het op 31 Januarie 2013 op die Brabourne-stadion in Mumbai met die openingswedstryd tussen die gasvroue Indië en Wes-Indië begin. Die toernooi het geëindig op 17 Februarie op dieselfde stadion met die eindstryd tussen Australië en Wes-Indië, waartydens Australië die Vrouekrieketwêreldbekertrofee gewen het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2009 gebruik.

Kalender Die volgende tabel dui die Vrouekrieketwêreldbeker 2013 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op groepwedstryde, ’n siaan blokkie op die Super Ses, ’n groen blokkie op uitspeelwedstryde en ’n geel blokkie op die eindstryd.

+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseJanuarie/FebruarieDo31Vr1Sa2So3Ma4Di5Wo6Groep A | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 |Groep B | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 |Super SesFebruarieDo7Vr8Sa9So10Ma11Di12Wo13Super Ses | | bgcolor=#7DF9FF| 3 | | bgcolor=#7DF9FF| 2 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | | bgcolor=#7DF9FF| 3UitspeelwedstrydeFebruarieDo7Vr8Sa9So10Ma11Di12Wo13Do14Vr15Sa16So17Uitspeelwedstryde | bgcolor=#00cc33| 2

| bgcolor=#00cc33| 2 | | bgcolor=#ffcc00| 1Verklaring

Groepe Groep AGroep B

Groepfase en Super Ses Die Vrouekrieketwêreldbeker 2013 is deur agt nasionale vrouekrieketspanne beslis. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo gerangskik. Die drie beste spanne van albei groepe het na die Super Ses deurgedring.

In die Super Ses-rondte het elke span teen die spanne gespeel, waarteen in die groepfase geen wedstryde gespeel is nie. Spanne wat alreeds in die groepfase ontmoet het, het nie teen mekaar gespeel nie en die punte van dié wedstryde is na die Super Ses-rondte se tabel oorgedra. Die kwalifisering was gegrond op dieselfde kriterias as in die groepfase.

Uitspeelwedstryde In die uitspeelwedstryde het die twee beste spanne van die Super Ses mekaar in die eindstryd ontmoet, terwyl die twee naasbeste spanne mekaar om die derde plek en die twee daaropvolgende spanne om die vyfde plek gespeel het en die twee laaste spanne van elke groep die sewende plek beslis het.

Wedstryde Die wedstryde is in drie fases opgedeel, naamlik die groepfase, die Super Ses en die uitspeelwedstryde.

Groepfase Kwalifiseer vir die Super Ses.Kwalifiseer vir die uitspeelwedstryd om die sewende plek. Agt spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die drie beste spanne in elke groep het na die Super Ses deurgedring, terwyl die twee laaste spanne van elke groep die sewende plek beslis het.

Groep A Span3210+0.64143210–0.43343120+0.27623120–0.4332

Groep B Span3300+1.09963210+1.43043120–0.29723030–1.9860

Super Ses Kwalifiseer vir die eindstryd.Kwalifiseer vir die uitspeelwedstryd om die derde plek.Kwalifiseer vir die uitspeelwedstryd om die vyfde plek. Die drie beste spanne in elke groep het die Super Agt gehaal wat as ’n volledige rondte met wedstryde almal teen almal beslis is. Al die ses spanne het egter slegs drie nuwe wedstryde gespeel, pleks van vyf. Elke groep se drie verteenwoordigers het hul uitslag teen mekaar oorgedra, eerder as om weer te speel. Die onderstaande tabel, wat vyf wedstryde vir elke span bevat, dek al die wedstryde tussen die Super Ses-kwalifiseerders, insluitende dié van die groepfase.

Span54100+0.941854100+0.714853200+1.003652300+0.694451400−1.131251400−2.4772

Uitspeelwedstryde Sewende plek

Vyfde plek

Derde plek

Eindstryd

Vrouekrieketwêreldkampioen 2013

Statistiek Finale puntestand Hierdie tabel toon die finale puntestand van al agt deelnemende nasionale vrouekrieketspanne in die Vrouekrieketwêreldbeker 2013.

duimnael|400px|Uitslag van die Vrouekrieketwêreldbeker 2013: RangSpanGroep Finaliste 1 B 7 6 0 1 1287 1084 +203 — 12 2 A 7 4 0 3 1398 1350 +48 — 8 In die Super Ses uitgeskakel 3 A 7 5 0 2 1327 1280 +47 — 10 4 B 7 3 0 4 1394 1300 +94 — 6 5 A 7 3 0 4 1280 1373 –93 — 6 6 B 7 2 0 5 1255 1268 –13 — 4 In die groepfase uitgeskakel 7 A 4 2 0 2 863 925 –62 – 4 8 B 4 0 0 4 461 685 –224 – 0

Meeste lopies en paaltjies Meeste lopies aangeteken: Naam Lopies 1 Suzie Bates 407 2 Stafanie Taylor 314 3 Charlotte Edwards 292 4 Rachael Haynes 273 5 Deepika Rasangika 236 Meeste paaltjies geneem: Naam Paaltjies 1 Megan Schutt 15 2 Anya Shrubsole 13 3 Sian Ruck 12 Katherine Sciver-Brunt 5 Arran Brindle 11 Shabnim Ismail Chamani Seneviratna

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

2013 Women’s Cricket World Cup Amptelike webtuiste van die Internasionale Krieketraad

Kategorie:Geskiedenis van Indië Kategorie:Krieketkompetisies in Indië 2013 Kategorie:Sport in 2013