Shimmer Lake is 'n Amerikaanse neo-noir-misdaadrolprent van 2017 wat deur Oren Uziel geskryf en as sy debuut geregisseer is.
Van die akteurs is Benjamin Walker, Wyatt Russell, Rainn Wilson, Adam Pally, John Michael Higgins, Ron Livingston en Stephanie Sigman.
Die prent is op 9 Junie 2017 op Netflix uitgereik. Walker vertolk die rol van die sheriff van 'n dorpie wat 'n bankroof deur sy broer en twee vriende ondersoek. Die storie word agteruit vertel, van Vrydag tot Dinsdag.
Rolverdeling
Benjamin Walker as Zeke Sikes Rainn Wilson as Andy Sikes Stephanie Sigman as Steph Burton John Michael Higgins as regter Brad Dawkins Mark Rendall as Chris Morrow Rob Corddry as Kurt Biltmore Ron Livingston as Kyle Walker Wyatt Russell as Ed Burton Adam Pally as Reed Ethington Matt Landry as Meth Billy Isabel Dove as Sally Angela Vint as Martha Sikes
Ontvangs Op Rotten Tomatoes het die prent 'n goedkeuringsyfer van 67%, gebaseer op nege resensies, met 'n gemiddelde punt van 5,4/10.
Evan Jacobs noem die prent in sy resensie vir Movieweb 'n "kragtoer" en sê die regisseur, Oren Uziel, het 'n fliek gemaak wat loopbane van stapel laat loop, soos dié van Quentin Tarantino. Hy vergelyk dit met Pulp Fiction.
Die tydskrif Variety het Shimmer Lake op sy lys geplaas van rolprente wat kandidate vir 'n Oscar vir beste draaiboek is.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Amerikaanse rolprente