The Devil All the Time is 'n Amerikaanse sielkundige riller van 2020 wat deur Antonio Campos geregisseer is van 'n draaiboek wat hy saam met sy broer, Paulo, geskryf het. Dit is geskoei op 'n roman met dieselfde naam deur Donald Ray Pollock, wat die verteller van die verhaal is.

Die rolprent gaan oor verskeie mense op twee dorpies in Ohio en Wes-Virginië wie se lewens ineengevleg is. Dit speel af van die einde van die Tweede Wêreldoorlog tot in die 1960's. Die span akteurs sluit in Tom Holland, Robert Pattinson, Bill Skarsgård, Sebastian Stan, Riley Keough, Haley Bennett, Eliza Scanlen, Mia Wasikowska en Jason Clarke.

The Devil All the Time is op 11 September 2020 in gekeurde teaters uitgereik en op 16 September 2020 op Netflix. Die toneelspel (veral van Holland en Pattinson) is geprys, maar kritiek is uitgespreek oor die fliek se lengte en donker toon.

Rolverdeling

Tom Holland as Arvin Russell Michael Banks Repeta as die jong Arvin Bill Skarsgård as Willard Russell, Arvin se pa Riley Keough as Sandy Henderson, Lee se suster Jason Clarke as Carl Henderson, Sandy se man Sebastian Stan as die polisieman Lee Bodecker, Sandy se broer Haley Bennett as Charlotte Russell, Arvin se ma Eliza Scanlen as Lenora Laferty Mia Wasikowska as Helen Hatton, Lenora se ma Robert Pattinson as eerw. Preston Teagardin Harry Melling as Roy Laferty, Lenora se pa Douglas Hodge as Leroy Brown Kristin Griffith as Emma Russell, Willard se ma en Lenora se aanneemma Pokey LaFarge as Theodore, Roy se neef Drew Starkey as Tommy Matson

Die verteller van die verhaal is Donald Ray Pollock, skrywer van die roman.

Ontvangs Op Rotten Tomatoes het die prent 'n goedkeuringsyfer van 65%, gebaseer op 219 resensies, en 'n gemiddelde punt van 6,4/10. Op Metacritic het dit 'n punt van 55 uit 100, gebaseer op 39 resensies, wat dui op 'n "gemengde of gemiddelde" ontvangs.

Michael Phillips van die Chicago Tribune skryf: "Dis sag op die oë... dis die moeite werd vir 'n fassinerende rolverdeling. Holland is wonderlik; hy aanvaar elke terugslag in sy karakter se lewe sonder om die volle omvang van die skade te onthul."

Ryan Lattanzio van die webtuiste IndieWire gee The Devil All the Time 'n C en noem dit 'n "volslae mislukking, 'n sweterige gemors van begin tot einde," maar prys Holland en Pattinson se toneelspel. Owen Gleiberman van die tydskrif Variety skryf: "The Devil All the Time bevat baie swak gedrag, maar die fliek wys nie regtig wat die sondaars motiveer nie. En daarsonder is dit net 'n reeks Sondagskoollesse."

Verwysings

Skakels

Kategorie:Amerikaanse rolprente