duimnael|Die embleem van die gewese Pongola-kommando. Die Pongola-kommando was 'n ligte infanterieregiment van die Suid-Afrikaanse Leër, gestasioneer in Pongola. Dit het deel uitgemaak van die Suid-Afrikaanse Leër se Infanterieformasie sowel as die Suid-Afrikaanse Territoriale Reserwemag.

Geskiedenis

Oorsprong Hierdie eenheid is geskep op 17 Oktober 1970 deur die samesmelting van die Pongola-kompanjie van die Piet Retief-kommando met die Noordkus-kommando.Els, Paul (14 Oktober 2007). Pongola Commando in War in Angola. Geraadpleeg 3 Augustus 2025.

Operasies

Met die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) Onder die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) het die eenheid hoofsaaklik gefokus op gebiedsmagbeskerming, soek- en afsperringsoperasies, asook bystand aan die landelike polisie met veediefstalbeheer.

In 1984, tydens die tropiese storm Domoina, het die eenheid ook burgerlike beskermingsondersteuning gebied deur ’n kommunikasienetwerk te vestig, noodvoorrade en voedsel te versprei, en ander burgerlike verdedigingsmaatreëls uit te voer.Woschitz, Nicolene (1996), Die Pongola-Vallei. Juweel van Kwazulu-Natal. Pretoria, Suid-Afrika: Sigma Pers. p. 165.

Met die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW)

Ontbinding Hierdie eenheid, saam met alle ander kommando-eenhede, is tussen 2003 en 2008 uitgefaseer ná ’n besluit deur die Suid-Afrikaanse president Thabo Mbeki.Van Stade, Kol L.B. (1997). "Rationalisation in the SANDF: The Next Challenge". Instituut vir Veiligheidstudies. SANW. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Maart 2016. Geraadpleeg 3 Augustus 2025."The South African National Defence Force: The Commando System". Departement van Veiligheid en Sekuriteit. Suid-Afrikaanse Polisiediens. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Desember 2007. Geraadpleeg 3 Augustus 2025. Volgens die destydse Minister van Veiligheid en Sekuriteit, Charles Nqakula, was die besluit deel van ’n nasionale proses om die kommando-stelsel te beëindig en nuwe strukture vir plaaslike veiligheid te vestig.De Lange, Deon.South Africa: Commandos Were 'Hostile to New SA'. Cape Argus. 28 Mei 2008. Geraadpleeg 3 Augustus 2025.

Eenheidsembleem Die eenheid se kenteken beeld 'n vat uit - 'n ontwerp wat geïnspireer is deur die dorp se naam, wat van die uPhongolo-rivier afgelei is. Die rivier se naam is op sy beurt afkomstig van die Zoeloe-woord vir vat, trog of houer.Raper, Peter E., Moller, Lucie E., Du Plessis, Theodorus L. (2014). Dictionary of Southern African Place Names. Johannesburg, Suid-Afrika: Jonathan Ball Publishers. p. 79.Umphongolo/imiphongolo. isiZulu.net Zulu-English Dictionary. Geraadpleeg 3 Augustus 2025.

Hieronder is van links na regs die Pongola-kommando-lapembleem, die Pongola-kommando-skouerflits, die Pongola-kommando saam met Kommandement Natal se skouerflits, en die Kommando-baretkenteken. alt=SADF era Pongola Commando insignia|senter|500x500px|SAW-era Pongola-kommando-kenteken, v.l.n.r.Pongola-kommando-lapembleem, die Pongola-kommando-skouerflits, die Pongola-kommando saam met Kommandement Natal se skouerflits, en die Kommando-baretkenteken

Leierskap

Die eenheid se bevelvoerders het die rang van kommandant beklee.

Naam Rang Termyn N.J. Robertse Kommandant 1970 – 1978 J. Bezuidenhout Kommandant 1978 – 1980 Jhr. L.J.S. Changuion (SM, DTM) Kommandant Augustus 1980 – Maart 1985 C. Rudolph Kommandant 1985 – 1989 D. Barnard Kommandant 1989 – ?

Verwysings