Die Wes-Indiese nasionale vrouekrieketspan (Engels: West Indies women’s cricket team, afgekort West Indies Women of West Indies W) is die nasionale vrouekrieketspan wat Wes-Indië in internasionale krieket verteenwoordig. Die span staan bekend as die Wes-Indiese Eilande of, in die omgangstaal, die Windies. Dit is ’n multinasionale krieketspan in ’n sportkonfederasie wat die onafhanklike lande Antigua en Barbuda, Barbados, Dominica, Grenada, Guyana, Jamaika, St. Kitts en Nevis, St. Lucia, St. Vincent en die Grenadine en Trinidad en Tobago, asook die oorsese gebiede Amerikaanse Maagde-eilande, Anguilla, Britse Maagde-eilande, Montserrat en Sint Maarten verteenwoordig. In die meeste van hierdie eilandstate is krieket die nasionale sport, hetsy de facto of de jure. Vervolgens gebruik die Wes-Indiese vrouekrieketspan nóg een van die lande se volksliedere, nóg een van hul vlae as ’n verteenwoordigende simbool; pleks daarvan gebruik die Wes-Indiese nasionale vrouekrieketspan sy eie vlag – dié van Krieket Wes-Indië (CWI, van Engels: Cricket West Indies) – en lied. In internasionale krieket is daar net twee ander spanne wat meer as een krieketland verteenwoordig: Engeland (vir beide Engeland en Wallis) en Ierland (vir beide die Republiek Ierland en Noord-Ierland).

Krieket word in Wes-Indië deur Krieket Wes-Indië geadministreer. Hulle is die enigste volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) in die Amerikas met toets-, EDI- en T20I-status. Wes-Indië se beste prestasies tot dusver is een Vrouekrieketwêreldbekereindstryd (in 2013) en een T20I-vrouewêreldbekertitel (in 2016). Wes-Indië is tans (Julie 2026) negende op die IKR-vroue-eendagranglys en sewende op die Twintig20-vrouewêreldranglys.

Beheerliggaam

duimnael|links|’n Kaart van Krieket Wes-Indië se lidlande: Volle lede vertoon vet, onderlede in gewone skrif en geaffilieerde lede is kursief Krieket Wes-Indië (KWI) is in 1920 as die Wes-Indiese Krieketbeheerraad gestig en is in 1996 in Wes-Indiese Krieketraad hernoem; sedert 2015 dra dié beheerliggaam die amptelike naam Krieket Wes-Indië. Dit is verantwoordelik vir die reël van krieket in Wes-Indië. Sedert 31 Mei 1926 is Wes-Indië ’n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR).

Krieket Wes-Indië bestuur al die Wes-Indië-verteenwoordigende nasionale spanne, insluitende die mans, vroue en jeug. Hulle is ook verantwoordelik vir die bestuur en organisasie van toets-, EDI- en T20I-reekse teen ander spanne, en die reël van internasionale wedstryde tuis. Daarbenewens is KWI verantwoordelik vir inkomsteverkryging deur die verkoop van kaartjies, borgskappe en uitsaairegte, veral in verband met die Wes-Indiese span.

Kinders en jongmense word reeds op skool aan krieket bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hulle met hul afrigting. Net soos ander krieketlande beskik Wes-Indië oor ’n o. 19-nasionale span wat aan die o. 19-vrouekrieketwêreldbeker deelneem.

Geskiedenis Oorsprong Terwyl Jamaika en Trinidad en Tobago op hul eie aan die Vrouekrieketwêreldbeker 1973 deelgeneem het, het die Wes-Indiese span sy internasionale buiging tydens die 1975/76-seisoen teen Australië gemaak. Die reeks het onbeslis geëindig, net soos die reeks een jaar later later teen Indië. Aan die Vrouekrieketwêreldbeker 1978 het die span vanweë ’n finansiële tekort nie deelgeneem nie. In 1979 het die span ’n toer na Engeland aangepak, waar hulle die toetsreeks met 0–2 verloor het, maar in die EDI-reeks met 1–1 gelykop gespeel het.

Ná hierdie toer het dit 24 jaar geneem voordat Wes-Indië weer op internasionale vlak verskyn het. In 1982 het hulle geweier om aan die Vrouekrieketwêreldbeker 1982 in Nieu-Seeland deel te neem, nadat die All Blacks teen Suid-Afrika se vanweë sy apartheidsbeleid geskorste Springbokke gespeel het. Hulle het eers weer tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 1993 in Engeland in ’n internasionale wedstryd gespeel. Hulle het onder hul kaptein Ann Browne slegs oorwinnings oor Denemarke en Ierland aangeteken. Ook tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 1997 is die Windies in die groepfase uitgeskakel, maar dié keer sonder ’n oorwinning. Hulle is nie genooi om aan die Vrouekrieketwêreldbeker 2000 deel te neem nie.

Geleidelike aansluiting by die wêreldklas duimnael|links|Wes-Indië teen Thailand tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2020 Van die 2002/03-seisoen af het die Windies weer bilaterale toere onderneem, onder andere is hulle in die EDI-reeks teen Sri Lanka met 0–6 platgeloop. Die geleidelike opgang het by die Internasionale Vrouekrieketraad-trofee 2003 begin, ’n toernooi wat as vrouekrieketwêreldbekerkwalifisering vir spanne van die tweede vlak gedien het, wat die span ná Ierland as naaswenner afgesluit het. Tydens die 2003/04-seisoen het hulle in Indië swak verloor, maar die span het daarna teen Pakistan sy eerste EDI-reeks beklink. Op die laasgenoemde toer het hulle ook in hul tot dusver laaste toetswedstryd gespel, wat onbeslis geëindig het. Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2005 het Wes-Indië twee oorwinnings aangeteken, maar met sy vyfde groepplek is die span uitgeskakel. Ná sy regstreekse Vrouekrieketwêreldbeker 2009-kwalifisering het die span onder sy kaptein Merissa Aguilleira vir die eerste keer vanuit die groepfase gevorder en in die vyfde plek geëindig. Die opkoms van T20I-krieket het aan die span nuwe geleenthede besorg. Tydens die heel eerste T20I-vrouewêreldbeker 2009 is hulle egter in die groepfase uitgeskakel. Tydens die reeks in November 2009 teen Engeland het die Windies beide die EDI- en die T20I-reeks beklink.

Ná ’n oorwinning oor Engeland in die groepfase van die T20I-vrouewêreldbeker 2010 het Wes-Indië vir die eerste keer die halfeindrondte van ’n wêreldbekertoernooi gehaal. Tydens die volgende T20I-vrouewêreldbeker 2012 het die span ook daarin geslaag, hoewel hulle weer teen Australië vasgeval het. Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2013 het die Windies in die groepfase die Australiërs geklop en as groepwenner die eindstryd gehaal. Daar is hulle egter deur dieselfde opponent verslaan. Tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2014 het Wes-Indië in die halfeindstryd teen Australië verloor. Onder hul nuwe kaptein Stafanie Taylor het die span tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2016 vir die eerste keer in die eindrondte oor Australië geseëvier en daarmee hul eerste T20I-vrouewêreldbekertitel ingepalm.

Die Vrouekrieketwêreldbeker 2017 het teleurstellend verloop, nadat Wes-Indië ná ’n lang tydperk weer in die groepfase uitgeskakel is. Tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2018 het die Windies na die halfeindrondte deurgedring, maar tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2020 is hulle ook in die groepfase uitgeskakel. Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2022 het die span die halfeindrondte gehaal, maar teen Australië vasgeval. Tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2023 is hulle weer in die groepfase uitgeskakel. Een jaar later is hulle in die halfeindstryd deur Nieu-Seeland geklop. Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2025-kwalifisering het Wes-Indië naelskraap versuim om vir die hooftoernooi te kwalifiseer. Tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2026 is die span in die halfeindstryd deur Australië verslaan.

Vlag en himne duimnael|links|Vlag van die Wes-Indiese Krieketraad en -span tussen 1999 en 2017 duimnael|links|Die Windies-vlag wat tot in 1999 gebruik is Die meeste krieketspelende lande gebruik hul eie nasionale vlae tydens internasionale krieketwedstryde. Aangesien die Wes-Indiese vrouekrieketspan ’n verskeidenheid onafhanklike lande en afhanklike gebiede verteenwoordig, gebruik hulle nie ’n nasionale vlag nie. Die Wes-Indiese Krieketraad gebruik derhalwe ’n embleem met ’n palmboom en krieketpaaltjies op ’n klein sonnige eiland. Dié embleem, op ’n maroen agtergrond, vorm die Wes-Indiese vlag. Die agtergrond het soms ’n wit baan bo ’n groen baan wat deur ’n maroen baan verdeel word, wat horisontaal deur die middel van die agtergrond loop. Voor 1999 het die WIKR ’n soortgelyke embleem met ’n koolpalm op ’n eiland gebruik, maar daar was nie paaltjies nie en pleks van die son is die sterrebeeld Jagter uitgebeeld. Dit is in 1923 ontwerp deur Sir Algernon Aspinall, die destydse sekretaris van die Wes-Indiese Komitee. Teen dieselfde tyd in die 1920’s was die voorgestelde leuse vir die Wes-Indiese span Nec curat Orion leones, afgelei van ’n aanhaling deur Horatius, waarvolgens Orion, simbolies vir die Wes-Indiese XI wat nie skrik vir die leeus [van Engelse krieket] nie.

Aangesien die span tydens internasionale wedstryde en toernooie as ’n nasionale span beskou en voor elke wedstryd ’n volkslied gespeel word, was ná die ontbinding van die Wes-Indiese Federasie nie duidelik watter volkslied gebruik sou word nie. Aanvanklik is die volkslied van die kaptein se tuisland gespeel. In onlangse jare word tydens IKR-toernooie Rally Round the West Indies…Now and Forever wat deur die Trinidadse komponis David Rudder in 1988 saamgestel is, as die span se himne gebruik.

Spelers Spelerstatistieke Daar het altesaam 29 spelers toets-, 104 spelers EDI- en 57 spelers T20I-wedstryde vir Wes-Indië gespeel. Vervolgens die spelers wat vir die Wes-Indiese span die meeste lopies aangeteken en die meeste paaltjies geneem het.

Lopies ToetsEDIT20I Speler Tydperk Toetse Lopies Speler Tydperk EDIs Lopies Speler Tydperk T20Is Lopies Patricia Whittaker 1976–1979 11 472 Stafanie Taylor 2008–hede 176 6 132 Stafanie Taylor 2008–hede 139 3 666 Louise Browne 1976–1979 9 348 Deandra Dottin 2008–hede 155 3 864 Hayley Matthews 2014–hede 124 3 304 Beverly Browne 1976–1979 11 324 Hayley Matthews 2014–hede 105 3 301 Deandra Dottin 2008–hede 151 3 212 Leila Williams 1976–1979 11 293 Shemaine Campbelle 2009–hede 136 1 983 Shemaine Campbelle 2009–hede 160 1 707 Yolande Geddes-Hall 1976–1979 10 280 Merissa Aguilleira 2008–2018 112 1 752 Stacy-Ann King 2008–2019 86 989 Korrek teen: 1 Julie 2026 Korrek teen: 1 Julie 2026 Korrek teen: 1 Julie 2026

Paaltjies ToetsEDIT20I Speler Tydperk Toetse Paaltjies Speler Tydperk EDIs Paaltjies Speler Tydperk T20Is Paaltjies Patricia Whittaker 1976–1979 11 25 Anisa Mohammed 2003–2022 141 180 Hayley Matthews 2014–hede 124 128 Vivalyn Latty-Scott 1976–1979 10 25 Stafanie Taylor 2008–hede 176 157 Anisa Mohammed 2008–2021 117 125 Sheryl Bayley 1976–1979 11 16 Hayley Matthews 2014–hede 105 135 Afy Fletcher 2008–hede 114 106 Leila Williams 1976–1979 11 15 Afy Fletcher 2008–hede 95 119 Stafanie Taylor 2008–hede 139 98 Peggy Fairweather 1976–1979 10 13 Shakera Selman 2008–2022 100 82 Deandra Dottin 2008–hede 151 76 Korrek teen: 1 Julie 2026 Korrek teen: 1 Julie 2026 Korrek teen: 1 Julie 2026

Spankapteins Tot op hede was drie spelers reeds die kaptein vir Wes-Indië tydens ’n toetswedstryd, 17 tydens ’n EDI en agt tydens ’n T20I.Die tydperk verwys na die ooreenstemmende krieketseisoen waarin die eerste of laaste wedstryd van die tyd as kaptein gespeel is.

Toets EDI T20I No. Naam Tydperk Naam Tydperk Naam Tydperk 1 Louise Browne 1976 Grace Williams 1979 Nadine George 2008 2 Patricia Whittaker 1979 Patricia Whittaker 1979 Merissa Aguilleira 2009–2019 3 Stephanie Power 2004 Rita Scott 1993 Anisa Mohammed 2010–2021 4 Ann Browne 1993–1997 Stafanie Taylor 2012–2021 5 Marlene Needham 1997 Shemaine Campbelle 2012 6 Verena Felician 2003 Hayley Matthews 2022–hede 7 Stephanie Power 2003–2005 Karishma Ramharack 2025 8 Envis Williams 2004 Chinelle Henry 2026 9 Nadine George 2008 10 Chedean Nation 2008 11 Marissa Aguilleira 2009–2015 12 Anisa Mohammed 2010–2022 13 Stafanie Taylor 2013–2022 14 Shakera Selman 2016 15 Deandra Dottin 2021 16 Hayley Matthews 2022–hede 17 Shemaine Campbelle 2023–2025

Rekords Toetsrekord teen ander lande Teenstander Gespeel Gewen Verloor Gelykop Onbeslis % Gewen Eerste oorwinning 2 0 0 0 2 0,00 – 3 0 2 0 1 0,00 – 6 1 1 0 4 16,67 29 November 1976 1 0 0 0 1 0,00 – Algeheel 12 1 3 0 8 8,33 29 November 1976 Rekords volledig tot en met toets #152 op 6–8 Maart 2026. Laaste keer hersien op 1 Julie 2026.

EDI-rekord teen ander lande