Tomas Venclova (* 11 September 1937 in Klaipėda) is 'n Litause geleerde, digter, skrywer en vertaler. Venclova word as een van die beduidendste moderne lirici beskou.Venclova, Tomas: Vilnius. Eine Stadt in Europa. Frankfurt am Main: edition suhrkamp 2006, bl. 2 Ná sy emigrasie het Venclova tot in die vroeë negentigerjare in die Verenigde State gebly. Hy woon tans in New Haven en Vilnius.
Biografie Tomas Venclova is die seun van die digter en politikus Antanas Venclova en het sy akademiese opleiding by die Universiteit van Vilnius (Litaue) ontvang. As gevolg van sy aktiewe betrokkenheid by die dissidente-beweging het hy in 1977 sy Sowjet-burgerskap kwytgeraak en was genoodsaak om te emigreer. Sy boeke is in die Sowjetunie al jare vroeër nie meer gepubliseer nie. Venclova was een van die stigters van die Litause Helsinki-groep wat op 1 Desember 1976 in die lewe geroep is.
Sedert 1980 is Venclova 'n dosent by die Amerikaanse Yale-universiteit se Departement van Slawiese tale waar hy in 1985 ook sy PhD-graad verwerf het. Tans is Venclova as professor aan dié departement verbonde. Sy literêre werk sluit 'n digbundel, vertalings van gedigte, essays en artikels in. Sy boek Vilnius, waarin hy die geskiedenis en geografie van die Litause hoofstad met sy persoonlike herinneringe en refleksies op politiek verbind, het in 2006 verskyn.
Boeke en ander publikasies In Russies Неустойчивое равновесие: восемь русских поэтических текстов. New Haven: YCIAS, 1986 Собеседники на пиру. Статьи о русской литературе. Vilnius: Baltos lankos, 1997 Гранёный воздух. Стихотворения. Москва: ОГИ, Дом Юргиса Балтрушайтиса, 2002 Статьи о Бродском. Москва: Baltrus, Новое издательство, 2005
In Litaus Raketos, planetos ir mes. Vilnius: Valstybinė grožinės literatūros leidykla, 1962 Golemas, arba dirbtinis žmogus: pokalbiai apie kibernetiką. Vilnius 1965 Kalbos ženklas: eilėraščiai. Vilnius: Vaga 1972 Lietuva pasaulyje: publicistika. Chicago: Akad. skautijos leidykla 1981 Tekstai apie tekstus. Chicago: Algimanto Mackaus knygų leidimo fondas 1985 Tankėjanti šviesa: eilėraščiai. Chicago: AM&M Publications 1990. Pašnekesys žiemą: eilėraščiai ir vertimai. Vilnius: Vaga 1991. Vilties formos: eseistika ir publicistika. Vilnius: Lietuvos rašytojų sąjungos leidykla 1991 Reginys iš alėjos: eilėraščiai. Vilnius: Baltos lankos 1998 Rinktinė. Vilnius: Baltos lankos 1999 Manau, kad… Pokalbiai su Tomu Venclova. Vilnius: Baltos lankos 2000 Ligi Lietuvos 10 000 kilometrų. Vilnius: Baltos lankos 2003 Vilniaus vardai. Vilnius: R. Paknio leidykla 2006. .
In Pools Aleksander Wat. Obrazoburca. Przeł. J. Goślicki. Kraków: Wydawnictwo Literackie 1997. Eseje. Publicystyka. Pogranicze 2001. . Niezniszczalny rytm — eseje o literaturze. Pogranicze 2002. .
Engelse uitgawes Neustoychivoe Ravnovesia - Unstable Equilibrium: 8 Russian Poetic Texts (1986) Rozmowa w Zimie (1989) Aleksander Wat: Life and Art of an Iconoclast (1996) Winter Dialogue: Poems (1997) Forms of Hope: Essays (1999) Vilnius (2006)
Verwysings
Eksterne skakels
Venclova op Video Yale-universiteit: Venclova
Kategorie:Litause digters Kategorie:Litause skrywers Kategorie:Geboortes in 1937 Kategorie:Lewende mense