Hästpojken is 'n popmusiekgroep vanuit Göteborg (Swede). Die groep is gestig deur Martin Elisson as voorsanger, wat ook 'n lid van die groep Bad Cash Quartet was, en Lars Malmros wat voorheen die tromspeler vir die groep Broder Daniel was. In 2007 het Hästpojken die voorkonsert vir die groep Sahara Hotnights op hul musiektourné in Swede behartig. Die groep se debuutalbum Caligula is op 30 Januarie 2008 vrygestel. Lars Malmros het die groep later om persoonlike redes verlaat. Nico Janco het die groep as tromspeler bygetree.
Diskografie Caligula (2008) Från där jag ropar (2009)
Eksterne skakels Amptelike webjoernaal MySpace-profiel
Kategorie:Gotenburgse musiekgroepe