Die De Mistkraaldam in die Klein-Visrivier verskaf water vir besproeiing en via die Skoenmakerskanaal vir huishoudelike en nywerheidsgebruik aan Port Elizabeth.
Ligging Die dam is by 32° 58′ 7″ suid, 25° 39′ 33″ oos, suid van Somerset-Oos, suidwes van Kookhuis en 15 km wes van die spoorweghalte by Middleton. Dit is dus oos van die R355-pad en wes van die N10-hoofpad. Hierdie dam het die Wellington Grove-pompstasie. ‘n 2 km suidwes, vervang.
Dam Hierdie uitkeerdam is die eiendom van die Departement van Waterwese en is in Oktober 1987 voltooi. Met ‘n wallengte van 300 m en hoogte van 30 m het dit vroeg in die 21ste eeu ‘n bakmaat van 2.1 miljoen m³ gehad. In die bou van die wal is vir die eerste maal in die land gebruik gemaak van rolbeton.
Lees ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika
Bibliografie dws.gov.za/hydrology/Weekly/ProvinceWeek.aspx?region=EC mapcarta.com/w89786038 rccdams.co.uk/search-results/page.8?contry=south-africa rccdams.co.uk/dams/de-mist-kraal/ van Hoven, Lynette: Wêreldleier met rolbetondamme. In: Suid-Afrikaanse Panorama. Jaargang 34, nr. 10, November/Desember 1989. ISSN 0491-4783
Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:Oos-Kaap