Die Ierse nasionale vrouekrieketspan (Engels: Ireland women’s cricket team, afgekort Ireland Women of Ireland W) is die nasionale vrouekrieketspan wat die hele Ierland (beide die Republiek Ierland en Noord-Ierland) in toets- en kitskrieket verteenwoordig. Dit word beheer en geadministreer deur Krieket Ierland (CI, van Engels: Cricket Ireland) en is ’n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) met toets-, EDI- en T20I-status. In 2000 het Ierland teen Pakistan in sy enigste toetswedstryd gespeel en daarmee die eerste assosiaatlid geword wat op dié vlak gespeel het. Ierland is tans (Junie 2026) tiende op die IKR-vroue-eendagranglys en negende op die Twintig20-vrouewêreldranglys.
Die Ierse nasionale vrouekrieketspan verteenwoordig die hele Ierland en nie net een onafhanklike staat nie. Spelers uit beide die Republiek Ierland en Noord-Ierland, een van die vier lande van die Verenigde Koninkryk, mag vir die Ierse vrouekrieketspan opstap. Vervolgens gebruik die Ierse vrouekrieketspan nóg een van die lande se volksliedere, nóg een van hul vlae as ’n verteenwoordigende simbool; pleks daarvan gebruik die Ierse nasionale vrouekrieketspan sy eie vlag – dié van Krieket Ierland – en himne – Ireland’s Call – wat ook deur die Ierse nasionale vrouerugbyspan gebruik word. As gevolg van die gemeensame span vir beide die Republiek Ierland en Noord-Ierland word die Ierse nasionale vrouekrieketspan, net soos die soortgelyke Ierse nasionale vrouehokkiespan en die Ierse nasionale vrouerugbyspan, as ’n belangrike simbool vir vrede en samewerking op die polities verdeelde eiland Ierland beskou. In internasionale krieket is daar net twee ander spanne wat meer as een krieketland verteenwoordig, hulle is Engeland – vir beide Engeland en Wallis – en Wes-Indië vir verskeie eilandstate van die Karibiese gebied.
Beheerliggaam
Krieket Ierland (Engels: Cricket Ireland, CI) is in 1923 deur verteenwoordigers uit Munster, Northern, Connacht en North West gestig as die Ierse Krieketunie (Engels: Irish Cricket Union, ICU) en verantwoordelik vir die reël van krieket in Ierland. In 1993 het hulle as ’n assosiaatlid by die Internasionale Krieketraad (IKR) aangesluit en sedert 22 Junie 2017 is Ierland ’n volle lid.
Krieket Ierland bestuur al die Ierland-verteenwoordigende nasionale spanne, insluitende die mans, vroue en jeug. Hulle is ook verantwoordelik vir die bestuur en organisasie van toets-, EDI- en T20I-reekse teen ander spanne, en die reël van internasionale wedstryde tuis. Daarbenewens is CI verantwoordelik vir inkomsteverkryging deur die verkoop van kaartjies, borgskappe en uitsaairegte, veral in verband met die Ierse span.
Kinders en jongmense word reeds op skool aan krieket bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hulle met hul afrigting. Net soos ander krieketlande beskik Ierland oor ’n o. 19-nasionale span wat aan die o. 19-vrouekrieketwêreldbeker deelneem.
Geskiedenis duimnael|links|Die Ierse krieketspelers Gaby Lewis en Laura Delany tydens ’n borggeleentheid met Certa Die Ierse nasionale vrouekrieketspan is in 1987 gestig. Hulle het gedurende somer dieselfde jaar in hul eerste reeks teen Australië te staan gekom. In die volgende jaar is hulle vir die Vrouekrieketwêreldbeker 1988 in Australië genooi, waar hulle in die groepfase uitgeskakel is. Gevolglik het hulle gereeld aan die Europese Kampioenskap deelgeneem. Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 1993 is hulle weereens in die groepfase uitgeskakel. Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 1997 het hulle die kwarteindrondte gehaal, maar teen Nieu-Seeland vasgeval. Gedurende somer 2000 het hulle onder haar kaptein Miriam Grealey teen Pakistan in hul enigste toetswedstryd gespeel. Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2000 is hulle weer in die groepfase uitgeskakel. In die volgend jaar het die Ierse Vrouekrieketunie (Irish Women’s Cricket Union) met die Krieket Ierland saamgesmelt.
Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2005 het die Iere hul tot dusver laaste verskyning gemaak en is weer in die groepfase uitgeskakel, sedertdien kon die span nie meer vir ’n vrouekrieketwêreldbekertoernooi kwalifiseer nie. Dit ook omdat die aantal deelnemende spanne verminder is. In 2014 het Ierland vir die eerste keer aan die T20I-vrouewêreldbeker deelgeneem, maar in die groepfase vasgeval. Die twee daaropvolgende T20I-vrouewêreldbekertoernooie in 2016 en 2018 het op ’n soortgelyke manier verloop. Tydens die T20I-vrouewêreldbekerkwalifisering 2019 het die Iere teen Bangladesj vasgeval. In Maart 2022 het die Ierse beheerliggaam vir die eerste keer sentrale kontrakte met sy nasionale spelers onderteken. Kort daarna is hulle in die Vrouekampioenskap 2022–2025 opgeneem. Die T20I-vrouewêreldbekerkwalifisering 2022 het die Iere as naaswenners afgesluit en sodoende vir die T20I-vrouewêreldbeker 2023 gekwalifiseer, waar hulle egter geen wedstryd gewen het nie. Hul oorwinning in die T20I-reeks tydens hul eerste besoek in November 2022 aan Pakistan is as ’n belangrike mylpaal beskou.
Tydens die T20I-vrouewêreldbekerkwalifisering 2024 het Ierland in die halfeindstryd teen Skotland vasgeval en daarmee die T20I-vrouewêreldbeker 2024 misgeloop. Daarteenoor kon hulle tydens die T20I-vrouewêreldbekerkwalifisering 2026 wel vir die T20I-vrouewêreldbeker 2026 kwalifiseer. Tydens die hooftoernooi in Engeland is die Iere egter ná vier agtereenvolgende nederlae in die eerste rondte uit die toernooi geskakel. Troosprys was hulle eerste T20I-vrouewêreldbekeroorwinning ooit in die laaste wedstryd teen Wes-Indië.
Vlag en himne duimnael|links|Vlag van Krieket Ierland duimnael|links|Die klawerblaar, die nasionale simbool van Ierland. Volgens tradisie sou Sint Patrick in die 5de eeu die Christelike Drie-eenheid vir die Iere met behulp van ’n klawerblaar verduidelik het Hul embleem bevat ’n klawerblaar (Shamrock) op ’n krieketbal. Tydens wedstryde word net die beheerliggaam se vlag gehys wat die tradisionele Ierse Shamrock-embleem in groen op ’n donkerblou agtergrond gebruik.
Die Ierse nasionale vrouekrieketspan is een van min nasionale spanne op die eiland, wat beide deur Ierse nasionaliste en Unioniste ondersteun word. Aangesien die span sy spelers uit twee aparte lande keur, het dit tot kwessies rondom die vlag en himne tydens hul internasionale wedstryde gelei. As ’n kompromie word sedert die 1990’s voor Ierland se wedstryde Ireland's Call gespeel, ’n spesifiek deur Phil Coulter oorspronklik vir dié eiland se nasionale rugbyspan saamgestelde himne, wat na die vier historiese Ierse provinsies se gevoel van samehorigheid verwys en nie die politieke verdeling noem nie.
Spelers Spelerstatistieke Daar het altesaam elf spelers toets-, 102 spelers EDI- en 59 spelers T20I-wedstryde vir Ierland gespeel. Vervolgens die spelers wat vir die Ierse span die meeste lopies aangeteken en die meeste paaltjies geneem het.
Lopies ToetsEDIT20I Speler Tydperk Toetse Lopies Speler Tydperk EDIs Lopies Speler Tydperk T20Is Lopies Caitriona Beggs 2000 1 68 Gaby Lewis 2016–hede 62 1 866 Gaby Lewis 2014–hede 119 3 185 Karen Young 2000 1 58 Miriam Grealey 1987–2005 79 1 412 Orla Prendergast 2019–hede 88 2 054 Anne Linehan 2000 1 27 Laura Delany 2010–hede 75 1 411 Laura Delany 2010–hede 132 1 659 Miriam Grealey 2000 1 16 Clare Shillington 1997–2017 90 1 276 Amy Hunter 2021–hede 68 1 645 Leah Paul 2017–hede 51 1 229 Clare Shillington 2008–2018 56 1 019 Korrek teen: 30 Junie 2026 Korrek teen: 30 Junie 2026 Korrek teen: 30 Junie 2026
Paaltjies ToetsEDIT20I Speler Tydperk Toetse Paaltjies Speler Tydperk EDIs Paaltjies Speler Tydperk T20Is Paaltjies Isobel Joyce 2000 1 6 Isobel Joyce 1999–2018 79 66 Laura Delany 2010–hede 132 96 Catherine O’Neill 2000 1 6 Ciara Metcalfe 1999–2017 53 60 Arlene Kelly 2022–hede 71 91 Barbara McDonald 2000 1 4 Barbara McDonald 1993–2005 57 54 Orla Prendergast 2019–hede 88 69 Ciara Metcalfe 2000 1 4 Cara Murray 2018–hede 37 53 Eimear Richardson 2008–2024 75 60 Catherine O’Neill 1993–2003 41 45 Cara Murray 2018–hede 67 49 Korrek teen: 30 Junie 2026 Korrek teen: 30 Junie 2026 Korrek teen: 30 Junie 2026
Spankapteins Tot op hede was een speler reeds die kaptein vir Ierland tydens ’n toetswedstryd, 14 tydens ’n EDI en nege tydens ’n T20I.Die tydperk verwys na die ooreenstemmende krieketseisoen waarin die eerste of laaste wedstryd van die tyd as kaptein gespeel is.
Toets EDI T20I No. Naam Tydperk Naam Tydperk Naam Tydperk 1 Miriam Grealey 2000 Mary-Pat Moore 1987–1993 Isobel Joyce 2008–2016 2 Sonia Reamsbottom 1988 Heather Whelan 2009 3 Elizabeth Owens 1989–1990 Ciara Metcalfe 2010–2011 4 Miriam Grealy 1995–2000 Cecelia Joyce 2012 5 Nikki Squire 2001 Clare Shillington 2014 6 Anne Lineham 2002 Laura Delany 2016–2024 7 Clare Shillington 2003–2011 Kim Garth 2019 8 Heather Whelan 2005–2010 Gaby Lewis 2022–hede 9 Isobel Joyce 2008–2014 Arlene Kelly 2025 10 Ciara Metcalfe 2010–2011 Orla Prendergast 2026 11 Mary Waldron 2013–2017 12 Laura Delany 2016–2024 13 Gaby Lewis 2022–hede 14 Orla Prendergast 2024
Rekords Toetsrekord teen ander lande Teenstander Gespeel Gewen Verloor Gelykop Onbeslis % Gewen Eerste oorwinning 1 1 0 0 0 100,00 31 Julie 2000 Algeheel 1 1 0 0 0 100,00 31 Julie 2000 Rekords volledig tot en met toets #152 op 6–8 Maart 2026. Laaste keer hersien op 30 Junie 2026.
EDI-rekord teen ander lande Teenstander Wedstryde Gewen Verloor Gelykop Onbeslis % Gewen Eerste oorwinning t. Volle lede 17 0 17 0 0 0,00 – 10 1 7 0 2 10,00 21 Augustus 2012 20 2 18 0 0 10,00 12 Augustus 2001 15 0 15 0 0 0,00 – 20 0 18 0 2 0,00 – 22 6 16 0 0 27,27 18 Desember 1997 7 2 4 0 1 28,57 16 Augustus 2024 23 1 21 0 1 4,35 11 Augustus 2016 12 1 10 0 1 8,33 21 Julie 2001 t. Assosiaatlede 7 6 1 0 0 85,71 19 Julie 1989 1 1 0 0 0 100,00 22 Julie 2003 25 23 2 0 0 92,00 30 November 1988 6 5 1 0 0 83,33 11 Augustus 2001 1 1 0 0 0 100,00 15 April 2025 9 7 1 1 0 77,78 7 Oktober 2021 Algeheel 195 56 131 1 7 28,72 30 November 1988 Rekords volledig tot en met EDI #1550 op 16 Mei 2026. Laaste keer hersien op 30 Junie 2026. Wenpersentasies sluit onbesliste wedstryde uit en tel gelykop as ’n halwe oorwinning.
Vrouekrieketwêreldbekerrekord JaarUitslag1973 Nie gekwalifiseer nie1978 Nie gekwalifiseer nie1982 Nie gekwalifiseer nie1988 Groepfase1993 Groepfase1997 Kwarteindrondte2000 Groepfase2005 Groepfase2009 Nie gekwalifiseer nie2013 Nie gekwalifiseer nie2017 Nie gekwalifiseer nie2022 Nie gekwalifiseer nie2025 Nie gekwalifiseer nie2029
T20I-rekord teen ander lande Teenstander Wedstryde Gewen Verloor Gelykop Onbeslis % Gewen Eerste oorwinning t. Volle lede 8 0 8 0 0 0,00 – 15 6 9 0 0 40,00 5 Desember 2015 5 1 4 0 0 20,00 15 September 2024 2 0 2 0 0 0,00 – 5 0 5 0 0 0,00 – 23 7 16 0 0 30,43 25 Mei 2009 6 1 5 0 0 16,67 13 Augustus 2024 15 2 13 0 0 13,33 3 Augustus 2016 11 2 9 0 0 18,18 1 Junie 2026 t. Assosiaatlede 3 3 0 0 0 100,00 26 Augustus 2021 1 1 0 0 0 100,00 29 Augustus 2021 2 2 0 0 0 100,00 23 Augustus 2025 2 2 0 0 0 100,00 31 Augustus 2019 19 17 1 0 1 89,47 6 Augustus 2009 3 3 0 0 0 100,00 12 Julie 2018 16 9 7 0 0 56,25 8 Julie 2018 6 3 3 0 0 50,00 7 Julie 2018 1 1 0 0 0 100,00 10 Julie 2018 1 1 0 0 0 100,00 1 Mei 2024 1 1 0 0 0 100,00 25 April 2024 2 2 0 0 0 100,00 19 September 2022 10 10 0 0 0 100,00 23 September 2022 Algeheel 157 74 82 0 1 47,13 25 Mei 2009 Rekords volledig tot en met T20I #2907 op 28 Junie 2026. Gelykop verwys na wedstryde wat deur ’n valbyl (soos ’n Superboulbeurt) beslis is. Wenpersentasies sluit onbesliste wedstryde uit en gelykop as ’n halwe oorwinning (ongeag die valbyl).
T20I-vrouewêreldbekerrekord JaarUitslag2009 Nie gekwalifiseer nie2010 Nie gekwalifiseer nie2012 Nie gekwalifiseer nie2014 Groepfase2016 Groepfase2018 Groepfase2020 Nie gekwalifiseer nie2023 Groepfase2024 Nie gekwalifiseer nie2026 Groepfase2028 gekwalifiseer
Sien ook
Ierse nasionale krieketspan Ierse nasionale vrouerugbyspan
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf van Krieket Ierland Ierland-vroue op ESPNcricinfo Ierland by die IKR