"Crying" is 'n liedjie wat deur Roy Orbison en Joe Melson gekomponeer is vir Orbison se derde gelyknamige ateljee-album (1962). Dit is in 1961 vrygestel en was 'n treffer op No. 2 in die Verenigde State. Don McLean se vertolking daarvan in 1978 was in 1989 No. 1 in die Verenigde Koninkryk.
Komposisie Dave Marsh noem die liedjie 'n "rock-bolero" met "blêrende strykinstrumente, gehamerde timpani, 'n spookagtige refrein, die sagte tokkel van 'n ghitaar (en) 'n sweempie van marimba". Die musikante op die oorspronklike opname sluit Bob Moore (baskitaar), Floyd Cramer (klavier), Buddy Harman (tromme) en Boudleaux Bryant, Harold Bradley en Scotty Moore (ghitaar) in.
Vrystelling en ontvangs Die liedjie is vrygestel as 'n 45-opm enkelspeler deur Monument Records in Julie 1961 en was vir 'n week No. 1 op die VSA Cashbox-speellys op 7 Oktober 1961. Op die mededingende Billboard Hot 100 was die liedjie se hoogste posisie No. 2, met "Hit the Road Jack" deur Ray Charles en sy orkes op No. 1. Ten spyte daarvan dat dit nie die hoogste posisie op die Billboard Hot 100 bereik het nie, het Billboard die liedjie op 4de plek gelys in die Billboard Year-End Hot 100 singles of 1961-speellys.
Don McLean se vertolking
Don McLean se opname was in vroeg-1981 No. 5 op die Verenigde State se Billboard Hot 100-speellys. Dit was ook No.2 in die volwasse kontemporêre-musiek speellys en No. 6 in die Countrymusiek-kategorie. Dit het selfs beter gevaar in die Verenigde Koninkryk, waar dit in 1980 No. 1 bereik het. Die liedjie was vir altesaam drie weke bo-aan die Verenigde Koninkryk se enkelspeler-speellys. "Crying" is geneem uit McLean se 1978-album, Chain Lightning. Dit was sy tweede mees suksesvolle treffer in die Verenigde State.
Roy Orbison en k.d. lang se weergawe
Orbison het die liedjie weer opgeneem as 'n duet saam met die Kanadese sangeres-liedjieskrywer k.d. lang as deel van die klankbaan vir die rolprent Hiding Out. Die liedjie het No. 2 bereik in Kanada, en was No. 28 op die Billboard Volwasse-kontemporêre musiek-speellys en No. 42 op die Hot Country Singles-speellys in die Verenigde State. In 1992 het dit op die speellyste verskyn in die Verenigde Koninkryk en Ierland, met 'n topposisie van No. 13 op die UK Singles Chart en No. 9 op die Irish Singles Chart. Dit het weer verskyn op die Volwasse kontemporêre musiek-speellys in die Verenigde State, met 'n topposisie van No. 40.
Lirieke
[Strofe 1]
I was alright for a while I could smile for a while But I saw you last night You held my hand so tight As you stopped to say, "Hello" Oh, you wished me well You couldn't tell
[Refrein] That I'd been crying over you Crying over you When you said, "So long" Left me standing all alone Alone and crying, crying Crying, crying It's hard to understand But the touch of your hand Can start me crying
[Strofe 2] I thought that I was over you But it's true, so true I love you even more Than I did before But, darling, what can I do? For you don't love me And I'll always be
[Refrein] Crying over you Crying over you Yes, now you're gone And from this moment on I'll be crying, crying Crying, crying
[Einde] Yeah, I'm crying, crying Over youhttps://genius.com/Roy-orbison-crying-lyrics Opgespoor en besoek op 14 Julie 2025
Noemenswaardige vertolkings deur ander kunstenaars 'n Weergawe deur Jay and the Americans het nommer 25 bereik in die Verenigde State in 1966. Drie verdere vertolkings het mettertyd op Countrymusiek-speellyste verskyn: Arlene Harden (No. 28 in 1970),Whitburn, p. 179 Ronnie Milsap (No. 79 in 1976)Whitburn, p. 279 Stephanie Winslow (No. 14 in 1980).Whitburn, p. 472 Rebekah Del Rio het 'n a cappella Spaanse weergawe daarvan opgevoer getiteld "Llorando", in David Lynch se meesterlike 2001-rolprent, Mulholland Drive.Taubin, Amy (September–Oktober 2001). "In Dreams", Film Comment, 37 (5), p. 51–55.
Verwysings
Eksterne skakels "Crying" by Allmusic Youtube-video "Crying", gesing deur Don McLean Youtube-video "Crying", duet deur K.d. lang en Roy Orbison
Kategorie:Liedjies