Vir die maan van Jupiter, sien Ganumedes (maan).
1036 Ganymed, met die voorlopige naam "", is 'n rotsagtige asteroïed in 'n hoogs eksentrieke baan wat geklassifiseer word as 'n nabyaardevoorwerp van die Amor-groep. Dit is op 23 Oktober 1924 deur die Duitse sterrekundige Walter Baade by die Bergedorf-sterrewag in Hamburg ontdek en na Ganumedes van die Griekse mitologie genoem. "Ganymed" is die Duitse spelling.
Met 'n deursnee van sowat 35 km is Ganymed die grootste van alle nabyaardevoorwerpe, maar dit kruis nie die Aarde se wentelbaan nie. Die S-tipe asteroïed het 'n rotasieperiode van 10,3 uur. Daar is voorspel dat dit in Oktober 2024 sowat 0,374097 AE van die Aarde sou kom.
Wentelbaan en klassifikasie thumb|180px|links|Ganymed se wentelbaan (blou), met ook die bane van die binneplanete en Jupiter (die buitenste rooi kring).
Ganymed is 'n Amor-asteroïed, 'n subgroep van die nabyaardeasteroïede waarvan die wentelbane naby aan dié van die Aarde kom, maar dit nie kruis nie. Hulle voltooi elke vier jaar en vier maande (dus elke 52 maande of 1 587 dae) 'n wentelbaan om die Son op 'n afstand van 12-4,1 AE. Ganymed se wentelbaan het 'n hoë eksentrisiteit van 0,53 en 'n helling van 27° met betrekking tot die sonnebaan.
Nabye afstand Aardafstand Ganymed se laaste nabye afstand aan die Aarde was 0,374097 AE (56 000 000 km) op 13 Oktober 2024.
Marsafstand Vanweë die hoë eksentrisiteit van sy wentelbaan is Ganymed ook 'n Marsskrammer: Dit kruis Mars se wentelbaan by 1,66 AE. Op 16 Desember 2176 sal dit 0,02868 AE (4 290 000 km) van Mars af wees.
Naam Die asteroïed is genoem na Ganumedes, 'n figuur uit die Griekse mitologie. Die Duitse spelling, "Ganymed", is gebruik. Ganumedes was 'n Trojaanse prins wat deur Zeus ontvoer is om die wynskinker van die gode te wees. Ook Jupiter se derde maan, Ganumedes, is na hom genoem.
Verwysings
Skakels Risk corridor over Southern Hemisphere 2010 RF12: A second asteroid will buzz the Earth today, csmonitor.com, September 8, 2010 Early warning for close approaches of two house-sized asteroids, The Planetary Society, September 8, 2010
Kategorie:Nabyaarde-asteroïede