Acmadenia macropetala is 'n klein struik wat deel van die Rutaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap vanaf Bredasdorp tot by die Outeniekwaberge naby Cloetespas voor.

Die plant het 'n voorkomsgebied van 3125 km² en daar is agt tot tien bevolking bekend wat bedreig word deur indringerplante, gewasverbouing, oorbeweiding en te veel veldbrande.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World

macropetala Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika