Paleisheuwel (soms Paleisheuvel) is ‘n landboustreek in die Cederberg Plaaslike Munisipaliteit.
Die gebied lê ‘n 134 m bo seespieël, om die punt 32° 28′ suid, 18° 43′ oos en waar die Paleisheuwelpad (vanaf die N7-hoofpad) aansluit by die R365-roete. Dit is 17 km oos van Redelinghuys en 28 km noordwes van Eendekuil. Ook loop die spoorlyn van Bitterfontein na die fabrieke, markte en hawe van Kaapstad deur die area.
Op die plase hier in die Sandveld word veral met aartappels, maar ook met koring en lemoene geboer. Sedert 2016 is hier ‘n sonplaas in bedryf.https://www.power-technology.com/marketdata/paleisheuwel-solar-pv-park-south-africa/
Verwysings
Kategorie:Wes-Kaap