Kansas is 'n Amerikaanse rockgroep wat in 1973 in Topeka, Kansas gestig is. Die groep het gewildheid bereik in die 1970's, aanvanklik op album-geörienteerde rock-speellyste en later met enkelsnittreffers soos "Carry On Wayward Son" en "Dust in the Wind". Die groep het nege goue albums en drie multi-platinum albums (Leftoverture 5x, Point of Know Return 4× en The Best of Kansas 4×) opgeneem, sowel as 'n platinum ateljee-album (Monolith), 'n platinum regstreekse dubbelalbum (Two for the Show) en 'n enkelspeler waarvan meer as 'n miljoen kopieë verkoop is ("Dust in the Wind"). Kansas het deur die loop van die 1970's en 1980's vir meer as 200 weke verskyn op die VSA-Billboard speellyste en gespeel voor volgepakte arenas en stadions in Noord-Amerika, Europa en Japan. In 1995 was "Carry On Wayward Son" die tweede mees gespeelde snit op VSA klassieke rock radiostasies en No. 1 in 1997. Jason Ankeny van AllMusic het na Kansas verwys as "staples" of classic rock radio.
Diskografie
Kansas (1974) Song for America (1975) Masque (1975) Leftoverture (1976) Point of Know Return (1977) Monolith (1979) Audio-Visions (1980) Vinyl Confessions (1982) Drastic Measures (1983) Power (1986) In the Spirit of Things (1988) Freaks of Nature (1995) Always Never the Same (1998) Somewhere to Elsewhere (2000) The Prelude Implicit (2016) The Absence of Presence (2020)
Verwysings
Eksterne skakels
Billy Greer Kerry Livgren David Ragsdale Steve Walsh John Elefante AllMusic: Kansas - Artist Biography
Innerviews: Career-Spanning 2015 Band Interview
Kategorie:Amerikaanse musiekgroepe