Die Vrouerugbywêreldbeker 2006 (Engels: 2006 Women’s Rugby World Cup; Frans: Coupe du monde de rugby féminin 2006) is van 31 Augustus tot 17 September 2006 in Kanada beslis. Dit was die vyfde vrouerugbywêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse vrouerugbywêreldkampioenskap en die derde wat deur die Internasionale Rugbyraad (IRR; nou Wêreldrugby) aangebied is.

duimnael|links|upright|Die Vrouerugbywêreldbekertrofee waarom meegeding is Twaalf nasionale vrouerugbyspanne het aan die Vrouerugbywêreldbeker 2006 deelgeneem (vier minder as by die 2002-toernooi): Australië, Engeland, Frankryk, Ierland, Kanada, Kasakstan, Nieu-Seeland, Samoa, Skotland, Spanje, Suid-Afrika en die Verenigde State. Tydens die Vrouerugbywêreldbeker 2006 is 30 wedstryde gespeel.

Nieu-Seeland het die eindstryd op die Commonwealth-stadion in Edmonton teen Engeland met 25–17 gewen en sodoende sy derde vrouerugbywêreldbekertitel ingepalm. Frankryk het in die derde en Kanada in die vierde plek geëindig. Met 35 punte van sewe drieë was die Kanadese speler Heather Moyse die beeste puntemaker.

Deelnemers Die organiseerders het ’n aantal nasionale spanne uitgenooi om aan die toernooi deel te neem, waarvan 15 ingestem het. Voor die toernooi is kwalifiseringswedstryde gehou om die aantal spanne op twaalf te reduseer.

duimnael|400px|Spanne wat aan die Vrouerugbywêreldbeker 2006 deelgeneem het: SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGroepGasvroueVyfde2002Vierde plek (1998)DUitgenooiDerde2002Vyfde plek (1998)BVyfde2002Kampioen (1994)BVyfde2002Derde plek (1991, 1994, 2002)CVierde2002Sewende plek (1994)BVierde2002Kampioen (1998, 2002)ATweede2002Negende plek (2002)DVierde2002Vyfde plek (1994)DVierde2002Sesde plek (1991)AEerste–DebuutCVyfde2002Kampioen (1991)CKwalifiseringVierde2002Negende plek (1994, 1998)A

Stadions Al die wedstryde is in die Kanadese provinsie Alberta gehou.

Edmonton Edmonton Commonwealth-stadion Ellerslie Rugbypark Kapasiteit: 60 081 Kapasiteit: 350 200px St. Albert St. Albert Rugbypark Kapasiteit: 5 000

Formaat Die Vrouerugbywêreldbeker 2006 is oor 18 dae tussen twaalf verskillende spanne oor 30 wedstryde beslis. Dit het op 31 Augustus 2006 op die Ellerslie Rugbypark in Edmonton met die openingswedstryd tussen die gasvroue Kanada en Nieu-Seeland afgeskop. Die toernooi het geëindig op 17 September op die Commonwealth-stadion in Edmonton met die eindstryd tussen Engeland en Nieu-Seeland, waartydens die Black Ferns die trofee verdedig het.

Kalender Die volgende tabel dui die Vrouerugbywêreldbeker 2006 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n siaan blokkie op uitspeelwedstryde, ’n groen blokkie op uitklopwedstryde, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.

+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseAugustus/SeptemberDo31Vr1Sa2So3Ma4Di5Wo6Do7Vr8Groep A |style="background:#C364F3;"| 3

|style="background:#C364F3;"| 3

|style="background:#C364F3;"| 3Groep B |style="background:#C364F3;"| 3

|style="background:#C364F3;"| 3

|style="background:#C364F3;"| 3Groep C |style="background:#C364F3;"| 3

|style="background:#C364F3;"| 3

|style="background:#C364F3;"| 3UitspeelwedstrydeSeptemberSa9So10Ma11Di12Wo13Do14Vr15Sa16So17Uitspeelwedstryde

|style="background:#7DF9FF;"| 4

|style="background:#7DF9FF;"| 3 |style="background:#7DF9FF;"| 1UitklopwedstrydeSeptemberSa9So10Ma11Di12Wo13Do14Vr15Sa16So17Uitklopwedstryde

|style="background:#00cc33;"| 2

|style="background:#3399FF;"| 1 |style="background:#ffcc00| 1 Verklaring

Groepe Groep AGroep BGroep CGroep D

Groepfase Die vyfde Vrouerugbywêreldbekertoernooi is deur twaalf nasionale vrouerugbyspanne beslis. Daar is slegs vier kwalifiseringswedstryde voor die toernooi gehou, aangesien die deelnemende spanne deur die organiseerders genooi is. Vir die groepfase is die twaalf deelnemende spanne in vier groepe van drie elk verdeel. In drie rondtes het die spanne van Groep A teen dié van Groep D en die spanne van Groep B teen dié van Groep C gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel: Vier wedstrydpunte vir ’n oorwinning; Twee vir ’n gelykop; geen vir ’n nederlaag; Een bonuspunt vir die druk van vier of meer drieë, of ’n nederlaag met sewe punte of minder.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die vier beste spanne wat na die uitkloprondte deurgedring het, terwyl die naasbeste vier spanne aan die uitspeelrondte om die plekke 5 tot 8 deelgeneem het en die vier swakste spanne aan die uitspeelrondte om die plekke 9 tot 12.

Uitspeel- en uitklopfase Van die begin van die uitspeel- en uitklopfases af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit vier wedstryde elk bestaan het: twee halfeindstryde, twee uitspeelwedstryde en die eindstryd, waarby die uitkloprondte uit twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd bestaan het.

Die vier beste spanne van die groepfase het na die uitkloprondte deurgedring. Die groepwenner van Groep A het die Groepwenner van Groep C en die Groepwenner van Groep B het die Groepwenner van Groep D ontmoet. Die naasbeste vyfde tot agtste spanne het die uitspeelwedstryde om die plekke 5 tot 8 beslis, met die vyfbeste span wat in die halfeindstryd die agtbeste span ontmoet het en die sesde geplaaste span die sewende. Die spanne wat in die groepfase negende tot twaalfde geëindig het, het aan die uitspeelwedstryde om die plekke nege tot twaalf deelgeneem, met die negende geplaaste span wat die twaalfde ontmoet het en die tiende die elfde.

2006-effek op 2010-kwalifisering Die drie beste spanne van die toernooi het regstreeks vir die volgende Vrouerugbywêreldbeker 2010 in Engeland gekwalifiseer. Hulle was Engeland, Frankryk en Nieu-Seeland.

Betrokkenes Wedstrydbeamptes ’n Paneel van twaalf skeidsregters en sewe lynregters is vir die toernooi ingespan.

Skeidsregters George Ayoub (Australië) Jenny Bental (Suid-Afrika) Rachel Boyland (Switserland) Lyndon Bray (Nieu-Seeland) Malcolm Changleng (Skotland) Sarah Corrigan (Australië) Clare Daniels (Engeland) Christine Hanizet (Frankryk) Joyce Henry (Kanada) Nicky Inwood (Nieu-Seeland) Kerstin Ljungdahl (Duitsland) Simon McDowell (Ierland)

Lynregters Debbie Innes (Engeland) Kristina Mellor (Nieu-Seeland) Kristi Moorman (Kanada) Sandy Nesbitt (Kanada) Kim Smit (Suid-Afrika) Dana Teagarden (Verenigde State) Todd Van Vliet (Kanada)

Wedstryde Kwalifiseer vir die uitkloprondte.Kwalifiseer vir die uitspeelrondte. Die wedstryde is in drie fases opgedeel, naamlik die groepfase, die uitkloprondte en die uitspeelrondte.

Groepfase Twaalf spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die beste span in elke groep het na die uitkloprondte deurgedring, terwyl die twee ander spanne aan die uitspeelrondte deelgeneem het.

Groep A Span33001377+13014310214115−101430032297–750

Groep B Span330011916+1031431028446+38631024867–195

Groep C Span32017537+381032013435–19300320179–1590

Groep D Span320113171+601032015638+181031023264–325

Eerste rondte

Tweede rondte

Derde rondte

Uitspeelwedstryde Om die negende plek

Halfeindrondte

11de plek

Eindstryd (9de plek)

Om die vyfde plek

Halfeindrondte

7de/8ste plek

Eindstryd (5de plek)

Uitklopwedstryde

Halfeindrondte

Bronseindstryd

Eindstryd

Vrouerugbywêreldkampioen 2006

Statistiek Finale puntestand Hierdie tabel toon die finale puntestand van al twaalf deelnemende nasionale vrouerugbyspanne in die Vrouerugbywêreldbeker 2006.

duimnael|400px|Uitslag van die Vrouerugbywêreldbeker 2006: RangSpanDrieëDoelskoppeStrafdoeleSkepdoele 1 5 5 0 0 202 31 16 5 0 2 5 4 0 1 156 23 13 5 0 3 5 3 0 2 102 16 8 2 0 4 5 3 0 2 153 24 15 1 0 5 5 4 0 1 87 14 7 1 0 6 5 3 0 2 67 9 5 3 1 7 5 2 0 3 114 15 9 7 0 8 5 1 0 4 72 11 4 3 0 9 5 3 0 2 41 5 5 2 0 10 5 2 0 3 80 13 6 1 0 11 5 1 0 4 75 13 5 0 0 12 5 0 0 5 30 5 1 1 0

Meeste punte en drieë Meeste punte aangeteken: Naam Punte 1 Heather Moyse 35 2 Emma Jensen 34 3 Valuese Sao Taliu 33 4 Shelley Rae 31 5 Sue Day 31 Maria Gallo Amiria Marsh Tobie McGann 9 Kelly McCallum 29 10 Paula Chalmers 27 Meeste drieë gedruk: Naam Drieë 1 Heather Moyse 7 2 Sue Day 6 Maria Gallo Amiria Marsh 5 Valuese Sao Taliu 5 Catherine Devillers Tricia Brown 8 Ellie Karvoski 4 Ruan Sims 10 Stephanie Mortimer 3 Claire Richardson Isabel Rodríguez Jeannette Feighery Delphine Plantet Charlotte Barras Rochelle Martin Melissa Ruscoe

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike Vrouerugbywêreldbekerwebwerf

Kategorie:Geskiedenis van Kanada Kategorie:Rugby in Kanada 2006 Kategorie:Sport in 2006 Kategorie:Sportkompetisies in Kanada