Raak aan my op my ateljee (letterlike vertaling van die Engels, touch me on my studio) is 'n Suid-Afrikaanse meem wat ontstaan het uit 'n televisie-onderhoud met André Visagie, voormalige sekretaris-generaal van die verregse groep, die Afrikanerweerstandsbeweging (AWB), en politieke ontleder, Lebohang Pheko, wat op 7 April 2010 op e.tv uitgesaai is. Die twee het rasverhoudings in Suid-Afrika bespreek na die moord op AWB-leier Eugène Terre'Blanche. Pheko het Visagie oor die beweerde mishandeling van plaaswerkers in Suid-Afrika gekonfronteer en die aanbieder van die program, Chris Maroleng, moes ingryp toe Visagie sy humeur verloor, sy mikrofoon afgeruk en die stel verlaat het voordat hy teruggekeer en gesê het: "Jy sal dit nie waag om my te onderbreek nie ... Ek is nog nie klaar met jou nie."
Maroleng se herhaalde stelling aan Visagie, "raak aan my op my ateljee" en die AWB-lid se vasberade reaksie, "ek sal aan jou raak op jou ateljee", het 'n fokus van grappe op Twitter, e-pos, Facebook, forums en videohermengsels op YouTube geword. Die Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika het 19 klagtes oor Maroleng se hantering van die kwessie ontvang, maar hierdie klagtes is verwerp.
Antjie Krog, Suid-Afrikaanse digter en akademikus, het haar bedenkinge oor die meem uitgespreek: "'n Afrikaner en 'n swart man se onvermoë om korrekte Engels te gebruik, het die lagspieël van die land geword"."When it comes to dialogue, we don't have the words" Antjie Krog, Sunday Times 25 April 2010"Writing b(l)ack: the ab(use) of the English language in texts by two post-94 black South African authors " Phalafala, Portia Mahlodi (MA Thesis, University of the Witwatersrand) 13 August 2012
Verwysings
Kategorie:Afrikanerweerstandsbeweging