Die Hongkongse nasionale vrouerugbyspan (Engels: Hong Kong women’s national rugby union team) is die nasionale vrouerugbyspan wat die spesiale administratiewe streek van die Volksrepubliek China Hongkong in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Rugby word in Hongkong geadministreer deur die Hongkongse Rugbyunie (Engels: Hong Kong Rugby Union, HKRU; Chinees: 中國香港欖球總會) wat in 1952 gestig is. Die Hongkongse vrouerugbyspan is tans (Junie 2025) 17de op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys. Saam met Kasakstan is Hongkong tradisioneel een van die sterker Asiatiese nasionale vrouerugbyspanne ná Japan. Die Hongkongse span speel tradisioneel in rooi-wit-gestreepte truie met donkerblou kleuraksente, donkerblou broeke en donkerblou sokkies.

Hongkong beskik oor een van die oudste rugbytradisies in Asië, en hul rugbygeskiedenis streek terug na die 19de eeu, toe Britse koloniste hulle in Hongkong gevestig en die sport saamgebring het. Oor ’n lang tydperk was rugby in Hongkong tradisioneel met die Engelstalige burgers van Britse herkoms geassosieer, maar sedert die 1990’s is die sport ook deur die Kantoneestalige gemeenskap oorgeneem. Hongkong het in 1998 sy eerste toetswedstryd teen Japan gespeel. In 2016 het Hongkong vir die eerste keer vir die vrouerugbywêreldbekertoernooi gekwalifiseer, maar hulle is tydens die 2017-toernooi reeds in die groepfase uitgeskakel. Sedert 2006 neem Hongkong aan die Asiatiese Vrouekampioenskap deel en kon sedertdien een titel inpalm.

Beheerliggaam

Die beheerliggaam vir rugby in Hongkong is die Hongkongse Rugbyunie (Engels: Hong Kong Rugby Union, HKRU; Chinees: 中國香港欖球總會). Die HKRU is in 1952 gestig en het in 1988 by die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby) aangesluit. Daarbenewens was die HKRU in 1968 ’n stigtingslid van die Asiatiese Rugbyvoetbalunie (Engels: Asian Rugby Football Union, ARFU; nou Asië Rugby).

Geskiedenis Hongkong het sy debuut gemaak tydens die Vrouerugbywêreldbeker 2017. Hongkong het aan die Asië-Oseanië-kampioenskap 2019 in Fidji deelgeneem. In die rondomtalie het hulle teen Fidji en Samoa te staan gekom. Die Hongkongers kon die Fidjiane met 29–10 klop, maar hulle het teen die Samoane met 12–34 verloor. Samoa het dié toernooi met ’n 15–12-oorwinning oor Fidji beklink.

Vanweë die wêreldwye Covid-19-pandemie het die span hulleself aan die Vrouerugbywêreldbeker 2021-kwalifisering in Doebai onttrek.

In 2022 kon die Hongkongers twee oorwinnings aanteken oor die Kasakke; tydens die eerste toetswedstryd kon hulle die bordjies verhang en met 31–17 seëvier, terwyl hulle in die tweede wedstryd ’n naelskraapse 14–12-oorwinning kon aanteken. Daarmee kon hulle op Wêreldrugby se wêreldranglys met vier plekke in die 15de plek inskuif.

Kleure en embleem duimnael|Die Chinese draak, embleem van die Hongkongse nasionale vrouerugbyspan Hongkong speel tradisioneel in rooi-wit-gestreepte truie met donkerblou kleuraksente, donkerblou broeke en donkerblou sokkies. Hul alternatiewe trui is rooi met rooi moue, wit broeke en donkerblou sokkies.

Die Hongkongse Rugbyunie se kenteken toon ’n gestileerde Chinese draak in blou met die belettering HKRU in Engels en 中國香港欖球總會 in Chinees.

Toetswedstryde Hongkong het 21 van sy 56 toetswedstryde gewen, ’n wenrekord van 37,50%. Hongkong se statistieke in toetswedstryde teen alle lande, in alfabetiese volgorde, is soos volg (korrek teen Junie 2025):

Opponent Gespeel Gewen Verloor Gelykop % Gewen 2 2 0 0 100,00 17 1 16 0 5,88 1 0 1 0 0,00 6 2 4 0 33,33 1 1 0 0 100,00 1 1 0 0 100,00 3 2 1 0 66,67 1 0 1 0 0,00 1 0 1 0 0,00 1 1 0 0 100,00 12 10 1 1 83,33 4 0 4 0 0,00 1 0 1 0 0,00 1 0 1 0 0,00 2 0 2 0 0,00Algeheel 56 21 34 1 37,50

Rekords Wêreldbekerrekord Hongkong het tot dusver vir een vrouerugbywêreldbekertoernooi gekwalifiseer. Hulle is tydens die 2017-toernooi egter sonder ’n oorwinning in die groepfase uitgeskakel.

Jaar Uitslag 1991 Nie deelgeneem nie 1994 Nie deelgeneem nie 1998 Nie deelgeneem nie 2002 Nie gekwalifiseer nie 2006 Nie gekwalifiseer nie 2010 Nie gekwalifiseer nie 2014 Nie gekwalifiseer nie 2017 Twaalfde plek 2021 Nie gekwalifiseer nie 2025 Nie gekwalifiseer nie 2029 2033

Asiatiese Vrouekampioenskappe Hongkong neem sedert 2007 aan die jaarlikse Asiatiese Vrouekampioenskap deel. Hulle het sedertdien een titel gewen. Toernooititels (1): 2022

Spelers Huidige span Die volgende spelers het die Hongkongse span gevorm tydens die WXV 3 2024:

+ Agterspelers (backs) Speler Posisie Klub Toetswedstryde Au King-To Skrumskakel Gai Wu 7 Jessica Ho Skrumskakel USRC Tigers 18 Wan Tsz-Yau Skrumskakel Gai Wu 1 Georgia Rivers Losskakel Kowloon 0 Fung Hoi-Ching Losskakel Gai Wu 6 Qian Jiayu Senter Gai Wu 7 Natasha Olson-Thorne Senter USRC Tigers 30 Gabriella Rivers Senter HKFC 3 Lucia Bolton Senter HKFC 0 Chong Ka-Yan Vleuel USRC Tigers 17 Zoe Smith Vleuel Valley 7 Sabay Lynam Vleuel Kowloon 3 Haruka Uematsu Vleuel Valley 0+ Voorspelers (forwards) Speler Posisie Klub Toetswedstryde Tsang Hoi-Laam Haker Gai Wu 4 Tanya Dhar Haker Valley 5 Tammy Lau Nga-wun Stut Gai Wu 23 Lee Ka-shun Stut Gai Wu 26 Chloe Baltazar Slot USRC Tigers 7 Morena Grierson Slot Kowloon 0 Roshini Turner Slot HKFC 10 Chow Mei-nam Slot Gai Wu 24 Megan Richardson Losvoorspeler klubloos 3 Kea Herewini Losvoorspeler Valley 3 Yuei-Tein Fion Got Losvoorspeler HKFC 6 Leung Choi-See Losvoorspeler klubloos 0 Agnes Chan Losvoorspeler HKFC 10 Micayla Baltazar Losvoorspeler USRC Tigers 5 Pun Wai-yan 15px|Kaptein Losvoorspeler Gai Wu 16 Shanna Forrest Losvoorspeler Kowloon 3 Karen So Losvoorspeler Valley 16

Bekende spelers Tot dusver is nog geen Hongkongse speler in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem nie.

Sien ook

Hongkongse nasionale rugbyspan

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webwerf van die Hongkongse Rugbyunie Hongkong by Wêreldrugby

Kategorie:Nasionale vrouerugbyspanne Kategorie:Rugby in Hongkong