Dept. Q is 'n Britse misdaadrillerreeks vir televisie wat deur Scott Frank en Chandni Lakhani ontwikkel is, geskoei op die boekreeks Department Q deur Jussi Adler-Olsen. Die première was op 29 Mei 2025.
Storielyn Die topspeurder Carl Morck, wat in 'n misdaadaanval geskiet is, pak 'n ou, onopgeloste saak terwyl hy 'n polisiekelder in Edinburg in 'n goed geoliede masjien omskep met die hulp van twee vasberade polisielede. Die saak behels 'n staatsaanklaer wat jare tevore verdwyn het.
thumb|280px|links|Goode tydens die verfilming van Dept. Q.
Hoofakteurs Matthew Goode as Carl Morck, 'n ongewilde, maar uitstekende speuder aan die hoof van Department X Kelly Macdonald as dr. Rachel Irving, 'n polisieterapeut Chloe Pirrie as Merritt Lingard, 'n meedoënlose en ambisieuse aanklaer Alexej Manvelov as Akram Salim, 'n Siriese polisieman wat uit sy land gevlug het en deel van die departement word Leah Byrne as Rose, 'n jong polisisevrou wat op die uitkyk is vir 'n kans om haar te bewys
Ontvangs Op Rotten Tomatoes het die reeks 'n goedkeuringsyfer van 83% gekry, gebaseer op 29 resensies. Die webtuiste sonder die akteurs en die "kreatiewe veteraan Scott Frank" uit. Op Metacritic het dit 'n punt van 73 uit 100 gekry, gebaseer op 16 resensies, wat dui op "algemene byval".
Kristen Baldwin van Entertainment Weekly het die reeks 'n A- gegee en gesê "alles in Dept. Q vloei mooi ineen". In The Guardian het Lucy Mangan dit 4/5 gegee en gesê die draaiboek is skerp. Sy het die uitbeelding van Morck se sarkasme geprys. Alan Sepinwall van Rolling Stone het geskryf "Die senuweebol Goode se rol gaan goed saam met dié van die kalm Manvelov.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Britse televisiereekse