David Roy Eldridge (30 Januarie 1911 – 26 Februarie 1989), ook bekend as "Little Jazz", was 'n Amerikaanse jazzmusikant en -trompetspeler. Sy gesofistikeerde gebruik van harmonie, insluitend sy gebruik van drietoon-substitusies, sy virtuose solo's; 'n afwyking van die dominante styl van die legendariese jazz trompetinnoveerder Louis Armstrong; en sy sterk invloed op Dizzy Gillespie, maak hom een van die mees invloedrykste musikante van die swing-era en 'n voorloper van bebop.

Biografie Vroeë lewe Eldridge is gebore op 30 Januarie 1911 in die North Side van Pittsburgh, Pennsilvanië, aan Alexander en Blanche, 'n begaafde pianis met 'n musikale oor, 'n gawe wat Eldridge beweer het hy van haar geërf het.Chilton, pp. 4–5. Eldridge het die klavier op 5-jarige ouderdom begin speel; hy het beweer dat hy selfs op dié jong ouderdom verstaanbare bluesmusiek kon speel. Chilton, p. 5. Die jong Eldridge het opgesien na sy ouer broer, Joe Eldridge (gebore as Joseph Eldridge, 1908, North Side van Pittsburgh, Pennsilvanië, sterf op 5 Maart 1952), veral vanweë Joe se musikale talent vir die viool, alt-saxofoon en klarinet.Chilton, pp. 5–6. Roy het op 6-jarige ouderdom tromme begin speel, lesse ontvang en by plaaslike instellings trom gespeel.Chilton, p. 6. Joe het besef dat sy jonger broer 'n natuurlike talent vir die klaroen gehad het, wat Roy bespeel het in 'n plaaslike kerkorkes. Joe het Roy probeer oortuig om die trompet te speel. Toe Roy begin het om die tromme in sy ouer broer se orkes te speel het Joe hom vinnig oortuig om die trompet te speel, maar Roy het aanvanklik 'n powere poging aangewend om die instrument te bemeester. Chilton, p. 7. Dit was slegs by die dood van sy moeder, toe Eldridge elf was, en sy vader se hertroue, dat hy moeite gedoen het en die instrument meer ernstig begin opneem het. Hy het hom vir ure in sy kamer afgesonder en veral geoefen op die boonste register van die trompet.Chilton, p. 8. Roy het van vroeg af gesukkel met bladmusiek, 'n gaping in sy musikale opvoeding wat hom vir 'n groot deel van sy vroeë loopbaan sou hinder. Hy kon egter vanweë sy uitstekende oor maklik melodieë repliseer.Chilton, p. 9.

Loopbaan Vroeë loopbaan en reisende orkeste Eldridge het gedurende sy vroeë jare 'n aantal orkeste gelei en daarin gespeel, en sodoende uitgebreid getoer deur die Amerikaanse Midweste.Eldridge, (David) Roy in Oxford Music Online Gunther Schuller, Oxford Music Online. Opgespoor op 26 Maart 2012. Hy is beïvloed deur die saxofoonspelers Benny Carter en Coleman Hawkins, en het homself die taak opgelê om Hawkins se 1926-solo op die "The Stampede" (deur Fletcher Henderson se orkes) te leer ten einde 'n soortgelyke styl te ontwikkel op die trompet.Lyttelton, p. 410.

Eldridge het die huis verlaat nadat hy in graad 9 uit hoërskool geskors is, en op die ouderdom van sestien by 'n rondreisende orkes aangesluit het; die orkes het egter gou gevou en hy is in Youngstown, Ohio gelos.Chilton, pp. 12–13. Hy is toe deur die "Greater Sheesley Carnival" ingeneem, maar het na Pittsburgh teruggekeer.Chilton, pp. 14–16. Eldridge het gou werk gevind in 'n klein orkes wat deel was van die rondreisende "Rock Dinah"-groep;Chilton, p. 16. sy optrede as deel van die orkes het die swing-era orkesleier Count Basie daartoe beweeg om die jong Roy Eldridge te beskryf as "die beste trompet wat ek nog ooit in my lewe gehoor het."Basie, soos aangehaal in Chilton, bl. 18. Eldridge het voortgegaan om met soortgelyke reisende groepe te speel totdat hy op die ouderdom van 17 na Pittsburgh teruggekeer het.Chilton, p. 22.

Op die ouderdom van 20 het Eldridge 'n orkes in Pittsburgh, bekend as "Roy Elliott and his Palais Royal Orchestra", gelei.Balliett, p. 151. Die agent het doelbewus Eldridge se naam verander omdat "hy gedink het dat dit meer stylvol is."Eldridge, soos aangehaal in Chilton, p. 22. Eldridge het hierdie posisie verlaat om vir die orkes van Horace Henderson, jonger broer van die bekende New Yorkse-orkesleier Fletcher Henderson, uit te probeer, en by die ensemble aangesluit, wat bekendgestaan het as The Fletcher Henderson Stompers, Under the Direction of Horace Henderson.Chilton, p. 25. Eldridge het toe saam met 'n aantal ander orkeste gespeel en vir 'n kort rukkie in Detroit gebly voordat hy by Speed Webb se orkes aangesluit het, wat, nadat hulle 'n mate van filmpublisiteit ontvang het, 'n toer deur die Midweste aangepak het.Chilton, pp. 32-34, 37. Baie lede van Webb se orkes, wat geïrriteer is deur Webb se gebrek aan toewyding, het die orkes verlaat om 'n soortgelyke orkes te stig, met Eldridge as orkesleier. Chilton, pp. 39-40 Die ensemble was van korte duur, en Eldridge het kort hierna na Milwaukee verhuis, waar hy aan 'n beroemde wedstryd deelgeneem het teen die trompetspeler Cladys "Jabbo" Smith, met wie hy later goeie vriende geword het.Chilton, pp. 40–42.

New York en Chicago Eldridge het in November 1930 na New York verhuis en in die vroeë 1930's in verskeie orkeste gespeel, insluitend 'n aantal Harlem-dansgroepe met Cecil Scott, Elmer Snowden, Charlie Johnson en Teddy Hill.Robinson, p. 691. Dit was gedurende hierdie tyd dat Eldridge sy bynaam, 'Little Jazz', ontvang het van die Ellington-saksofoonspeler Otto Hardwick, wat geamuseerd was deur die teenstrydigheid tussen Eldridge se raserige spel en sy kort statuur. Op hierdie tydstip het Eldridge ook plate en radio-uitsendings onder sy eie naam gemaak. Hy het sy eerste solo opnames gemaak saam met Teddy Hill in 1935, en dit het byna onmiddellik sukses behaal. Vir 'n kort tydjie het hy ook sy eie groep gelei by die bekende Famous Door-nagklub. In Julie 1935 het Eldridge 'n aantal opnames gemaak saam met die sanger Billie Holiday, insluitende "What a Little Moonlight Can Do" en "Miss Brown to You", met gebruikmaking van 'n improvisasiestyl wat beïnvloed is deur Dixieland.Oliphant, pp. 343–44. In Oktober 1935 het Eldridge by Fletcher Henderson se orkes aangesluit en hooftrompet gespeel en af en toe gesing. Eldridge was tot vroeg September 1936, toe hy die orkes verlaar het, Henderson se bekendste solis, met sy talent wat duidelik geblyk het uit treffers soos "Christopher Columbus" en "Blue Lou."Oliphant, pp. 51–52. Sy ritmiese krag was 'n dinamiese kenmerk van die jazz van die jare. Daar is gesê dat "from the mid-Thirties onwards, he had superseded Louis Armstrong as the exemplar of modern 'hot' trumpet playing".Lyttelton, p. 414.

In die Herfs van 1936 het Eldridge na Chicago verhuis om 'n oktet te stig saam met sy ouer broer Joe Eldridge. Die ensemble het nagtelike uitsendings en opnames gemaak wat die jonger Eldridge se uitgebreide solo's bevat het, insluitende treffers soos "After You've Gone" en "Wabash Stomp." Eldridge het vanaf 1938, ontnugter deur die musiekindustrie, opgehou speel om radio ingenieurswese te studeer. Teen 1939 het hy egter weer begin musiek speel, toe hy 'n 10-lid-orkes gestig het wat die inwonende orkes was by New York se Arcadia Ballroom.

Met Gene Krupa se orkes In April 1941, nadat hy verskeie aanbiedinge van blanke swinggroepe ontvang het, het Eldridge by Gene Krupa se orkes aangesluit. Hy was 'n reuse sukses saam met die nuweling-sangeres Anita O'Day.Robinson, p. 692. Deur hierdie posisie te aanvaar het Eldridge een van die eerste swart musikante geword wat 'n permanente lid van 'n blanke orkes geword het.Oliphant, p. 326. Eldridge het 'n belangrike rol gespeel in die verandering van die verloop van Krupa se orkes van pop-georiënteerde "schmaltz" na jazz.Olipihant, pp. 304–305. Die orkes se "cover" van Jimmy Dorsey se "Green Eyes," voorheen 'n volledig orkestrale stuk, is omskep in 'n jazz-werk deur Eldridge; die kritikus Dave Oliphant het opgemerk dat Eldridge die deuntjie "opgehef" het "na 'n hoër vlak van intensiteit."Oliphant, p. 307. Eldridge en O'Day het deelgeneem aan 'n aantal opnames, insluitend die nuwe treffer "Let Me Off Uptown" en "Knock Me a Kiss". Een van Eldridge se bekendste opgeneemde solo's kan gehoor word op 'n vertolking van Hoagy Carmichael se deuntjie, "Rockin' Chair", wat rangskik is deur Benny Carter in concertovorm.Oliphant, bl. 308. Die kritikus en skrywer Dave Oliphant beskryf Eldridge se unieke klank op "Rockin' Chair" as "a raspy, buzzy tone, which enormously heightens his playing's intensity, emotionally and dynamically" en skryf dat dit "was also meant to hurt a little, to be disturbing, to express unfathomable stress."

Na klagtes van Eldridge dat O'Day sy kollig gesteel het, het die groep opgebreek toe Krupa in Julie 1943 vir daggabesit tronk toe gestuur is.O'Day, pp. 102–123.

Vryskutwerk en toere Nadat hy Krupa se orkes verlaat het, het Eldridge gedurende 1943 in New York vryskutwerk as trompetspeler gedoen voordat hy in 1944 by Artie Shaw se orkes aangesluit het. As gevolg van rasse-voorvalle terwyl hy in Shaw se orkes gespeel het, het hy in Oktober 1945 vertrek om sy eie groot-orkes te stig, maar dit was finansieel onsuksesvol en uiteindelik het hy teruggekeer na 'n meer doeltreffende, kleiner orkes.

In die naoorlogse jare het hy deel geword van die groep wat onder die Jazz at the Philharmonic-vaandel getoer het. en een van die staatmakers van die toere geword. Norman Granz, organiseerder van die JATP, het gesê dat Roy Eldridge die gees van jazz tipeer. "Every time he's on he does the best he can, no matter what the conditions are. And Roy is so intense about everything, so that it's far more important to him to dare, to try to achieve a particular peak, even if he falls on his ass in the attempt, than it is to play safe. That's what jazz is all about."Aangehaal in Steve Voce, Obituary Norman Granz, The Independent, 26 November 2001. Opgespoor op 20 November 200.

Eldridge het in 1950 na Parys, Frankryk, verhuis terwyl hy saam met Benny Goodman op toer was, voordat hy in 1951 na New York teruggekeer het om 'n orkes by die Birdland jazzklub te lei. Hy het ook vanaf 1952 tot die vroeë 1960's in klein orkeste opgetree saam met onder andere Coleman Hawkins, Ella Fitzgerald en Earl Hines, en het ook op hierdie tydstip vir Granz begin opneem. Teen 1956 is sy opnames op nasionale radionetwerke deur Ben Selvin uitgesaai as deel van die RCA Thesauris transcriptions-biblioteek.The Billboard Music-Radio - "Thesaurus in Pact for Granz Transscriptions" 18 Augustus 1956 bl. 39 Ben Selvin RCA Thesaurus op Google Books.com Eldridge het ook van laat-1963 tot Maart 1965 saam met Ella Fitzgerald getoer en van Julie tot September 1966 saam met Count Basie voordat hy teruggekeer het na vryskutwerk en toere tydens feeste.

In 1960 het Eldridge saam met Abbey Lincoln, Charles Mingus, Eric Dolphy, Kenny Dorham en ander deelgeneem aan opnames deur die Jazz Artists Guild, 'n kortstondige groepering wat deur Mingus en Max Roach gevorm is as 'n reaksie op die vermeende kommersialisme van die Newport Festival. Verwys na in die notas tot die LP deur Nat Hentoff, hier aangehaal: Dit het gelei tot die Newport Jazz Rebels LP.

Latere lewe