Herman Albrecht VC (1876 – 6 Januarie 1900) was 'n ontvanger van die Victoriakruis in die Kaapkolonie, die hoogste en mees gesogte toekenning vir dapperheid in die aangesig van die vyand wat aan Britse en Statebondsmagte toegeken kan word.

Besonderhede Albrecht was omtrent 24 jaar oud en 'n soldaat in die Imperial Light Horse (Natal), Suid-Afrikaanse magte tydens die Tweede Vryheidsoorlog toe die volgende daad plaasgevind het waarvoor hy die Victoriakruis ontvang het.

Op 6 Januarie 1900, tydens die aanval op Wagon Hill, naby Ladysmith, Suid-Afrika, het luitenant Robert James Thomas Digby-Jones van die Royal Engineers en soldaat Albrecht die mag gelei wat die bopunt van die heuwel op 'n kritieke oomblik weer beset het, net toe die drie voorste aanvallende Boere dit bereik het. Die leier is deur die luitenant geskiet en die twee ander deur soldaat Albrecht. Hy is saam met Lt Digby-Jones aangehaal:

‘’Luitenant R. J. T. Digby Jones, Royal Engineers, en No. 459 soldaat H. Albrecht, Imperial Light Horse, sou vir die Victoriakruis aanbeveel gewees het as hulle oorleef het, omdat hulle tydens die aanval op Waggon Hill (Ladysmith) van 6 Januarie 1900 opvallende dapperheid gedrag getoon het deur die mag te lei wat die bopunt van die heuwel op 'n kritieke oomblik weer beset het net toe die drie voorste aanvallende Boere dit bereik het, waar die leier deur Luitenant Jones en die twee ander deur solbaat Albrecht geskiet is’’. Op 8 Augustus 1902, as gevolg van 'n hersiening in die beleid in die oorlogskantoor wat postume toekennings van die Victoriakruis toegelaat het, is soldaat Herman Albrecht saam met die ander manne wat tydens die onlangse operasie gesneuwel het in die uitvoering van dapper dade wat hulle volgens die Opperbevelhebber se mening op 'n Victoriakruis sou geregtig gemaak het, toegeken. "No. 27462". The London Gazette. 8 Augustus 1902. bl. 5085. "Medals held by the South African National Museum of Military History". Besoek 14 Januarie 2013.

Die Medalje Herman Albrecht word onthou op die Imperial Light Horse Memorial op Platrand Ladysmith (28°35′25″S 29°45′30″O) — op die plek van die Slag van Wagon Hill. Sy Victoriakruis word vertoon by die Nasionale Museum van Militêre Geskiedenis in Johannesburg.

Verwysings

Kategorie:Geboortes in 1876 Kategorie:Sterftes in 1900 Kategorie:Tweede Vryheidsoorlog Kategorie:Mense in die Tweede Vryheidsoorlog