Allama Iqbal Internasionale Lughawe (Pandjabi, Urdu علامہ اقبال بین الاقوامی/انترراشٹری ہوائی اڈاا), is die derde grootste burgerlike lughawe volgens lugverkeer in Pakistan, na Jinnah Internasionale Lughawe, Karatsji en Islamabad Internasionale Lughawe. Dit bedien Lahore, die hoofstad van Punjab en die tweede grootste stad van Pakistan. Dit bedien ook 'n groot deel van die reisigers van die ander streke van die Punjab-provinsie. Dit was oorspronklik bekend as Lahore Internasionale Lughawe, maar is hernoem na die visionêre digter en filosoof dr. Allama Iqbal, een van die pioniers wat tot die skepping van Pakistan gelei het. Die lughawe het drie terminale: die Allama Iqbal-terminaal, die Hadj-terminaal en 'n vragterminaal. Die lughawe is 15 km vanaf die sentrum van die stad geleë.

Die ontwerp van die lughawe is ontwikkel deur GilBartolomé Architects van Spanje, volgens 'n kontrak wat toegeken is aan die internasionale Spaanse firma TYSPA International, wat ook die uitbreiding van die lughawens van Madrid en São Paulo behartig het. Die kontrak ter waarde van VS$382 miljoen (RMB 2.6 miljard CNY) is aan 'n Chinese firma, die China Construction Third Engineering Bureau, toegeken om die konstruksiewerk uit te voer. Tydens die uitbreiding van die lughawe is die nabygeleë padnetwerk ook verbeter, wat verkeersopeenhopings op die paaie wat na die terminaal lei verlig het.

Struktuur LHE is toegerus met al die noodsaaklikhede vir binnelandse en internasionale vlugte.

Aanloopbane

Twee parallelle aanloopbane: een beton, die ander geteer Primêre aanloopbaan 36R/18L: 3 360 meter lank, 45 meter breed, 15 meter skouers aan beide kante. Maksimum kapasiteit: Airbus A380. Sekondêre aanloopbaan 36L/18R: 2 743 meter lank, 46 meter breed. Maksimum kapasiteit: Boeing 747-400. Parallelle taxibaan vir vinnige toegang/uitgang 2 sneluitgang-taxibane (nuut gebou) Instrumentlandingstelsel Kategorie-II en ILS KAT-III op RWY 36R. Navigasiehulpmiddels: DVOR/DME/TDME, NDB, OM, MM

Statistiek JaarLugbewegingsPassasiers(int. & binnelands)Vrag hanteer (ton)Pos hanteer (ton) 2006 30 991 2 779 223 66 643 1 582 2007 29 298 3 018 220 75 816 1 713 2008 30 299 3 217 844 76 030 1 113 2009 24 804 3 506 262 84 798 1 739 2010 31 093 3 459 211 80 308 1 449 2011 30 592 3 680 436 77 057 1 544 201231 4984 122 00991 0151 121201329 9424 529 68289 3761 348201429 8964 606 76783 715250201534 6194 876 12988 750239201638 9244 989 46298 254302201739 2285 031 857105 019261201832 3044 490 18287 969190

+Besigste roetes van/na Allama Iqbal Internasionale Lughawe (aantal weeklikse vlugte)RangStadLandVlugteRederye1Karatsji69airblue, AirSial, Fly Jinnah, Pakistan International Airlines, SereneAir2Djedda50airblue, AirSial, Fly Jinnah, Flynas, Pakistan International Airlines, Saudia, SereneAir3Doebai42airblue, Emirates, Flydubai, Pakistan International Airlines, SereneAir4Riaad19airblue, Fly Jinnah, flynas, Pakistan International Airlines, Saudia5Sharjah18airblue, Fly Jinnah6Aboe Dhabi17airblue, Etihad Airways, Pakistan International Airlines7Doha16Qatar Airways, Pakistan International Airlines8Dammam12AirSial, Fly Jinnah, flynas, Pakistan International Airlines9Istanboel11Turkish Airlines, Pakistan International Airlines10Kuala Lumpur8Batik Air, Pakistan International Airlines

Verwysings

Eksterne skakels Lughawe-inligting in Pakistan Inligting oor Allama Iqbal Internasionale Lughawe Allama Iqbal Internasionale Lughawe Allama Iqbal Internasionale Lughawe, Lahore

Kategorie:Lughawens in Asië