Die Eurovision-sangfees 2025 was die deurlopende 69ste weergawe van die Eurovision-sangfees. Dit het plaasgevind in Basel, Switserland, ná die land se oorwinning by die 2024-kompetisie met die liedjie "The Code" deur Nemo. Die kompetisie, wat deur die Europese Uitsaai-unie (EBU) en die gasheer-uitsaaier, die Switserse Uitsaaikorporasie (SRG SSR), georganiseer was, was by St. Jakobshalle gehou en het bestaan uit twee halfeindrondes op 13 en 15 Mei, en 'n finale kompetisie op 17 Mei 2025. Die drie regstreekse vertonings was aangebied deur Hazel Brugger en Sandra Studer, met Michelle Hunziker wat vir die finale program aangesluit het.

Uitsaaiers van sewe-en-dertig lande het die kompetisie uitgesaai dieselfde getal as die vorige twee weergawes. Montenegro het terug gekeer na 'n afwesigheid van twee jaar, terwyl Moldawië, wat oorspronklik beplan het om deel te neem, later onttrek het weens ekonomiese redes en die kwaliteit van die liedjies wat aan sy nasionale keuring deelgeneem het.

Die wenner was Oostenryk met die liedjie "Wasted Love", uitgevoer deur JJ en geskryf deur hom saam met Teodora Špirić en Thomas Thurner. Oostenryk het die gekombineerde stemming en juriestemming gewen en vierde in die telestemming geëindig. Israel (wat die telestemming gewen het), Estland, Swede en Italië het die top vyf voltooi.

Verwysings

Kategorie:Eurovision-sangfees