James-Brent Styan is ’n Suid-Afrikaanse skrywer, joernalis en voormalige regeringswoordvoerder. Hy is bekend vir sy ondersoekende werke oor sake, energie, staatsentiteite en politieke korrupsie in Suid-Afrika. Styan het verskeie niefiksieboeke gepubliseer wat onder meer handel oor Eskom, Christiaan Barnard, Steinhoff, Bosasa, en wêreldwye ekonomiese ongelykheid.Penguin Random House South Africa. The Dirty Secrets of the Rich and Powerful. Besoek Mei 2025.
Agtergrond en opleiding
Styan is in 1980 in 'n mynwerkersdorpie op die Witwatersrand gebore en het grootgeword in Cradock in die Karoo en Heidelberg in Gauteng, waar hy in 1998 gematrikuleer het.Styan, James-Brent. Steinhoff: Inside SA’s Biggest Corporate Crash. Tafelberg, 2018. Hy het ’n Baccalaureusgraad in Rekeningkunde aan die Universiteit van Pretoria verwerf, waarna hy in 2003 as ’n rekenmeester gekwalifiseer het. Daarna het hy sy klerkskap by ’n ouditeursfirma voltooi. Hy het later ’n Honneursgraad in Joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch behaal.
Joernalistieke loopbaan
Styan het sy loopbaan as joernalis in Johannesburg begin en het gespesialiseer in verslaggewing oor staatsondernemings, energie en lugvaart. Hy het ook as senior politieke korrespondent in die Suid-Afrikaanse Parlement gewerk.University of Stellenbosch Business School. "James-Brent Styan: How to bring a book to life". Besoek Mei 2025. Sy werk het onder meer verskyn in Finweek, Forbes Africa, Sake24, Fin24, Beeld en Die Burger.
Regeringsdiens
Styan het later as woordvoerder vir die Wes-Kaapse Minister van Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning gedien.Western Cape Government. "Western Cape Government’s new spokesperson announced". 2016. Tydens sy diens is hy betrek by kommunikasiestrategieë rondom die droogtekrisis van 2017–2018.GroundUp. "Day Zero moved to July or even later". 2018.
Outeurskap
Styan het verskeie boeke geskryf wat fokus op korrupsie, besigheidspraktyke en sosiale ongelykheid. Sy debuutwerk, Blackout: The Eskom Crisis (2015), het vroeg gewaarsku oor beurtkrag in Suid-Afrika.Styan, James-Brent. Blackout: The Eskom Crisis. Jonathan Ball Publishers, 2015. .
In 2018 het hy Heartbreaker: Christiaan Barnard and the First Heart Transplant gepubliseer, 'n biografie wat die lewe van die wêreldberoemde hartchirurg Christiaan Barnard vier.Styan, James-Brent. Heartbreaker: Christiaan Barnard and the First Heart Transplant. Jonathan Ball Publishers, 2018. .
Later in dieselfde jaar het sy boek Steinhoff: Inside SA’s Biggest Corporate Crash verskyn – ’n topverkoper wat ondersoek instel na een van Suid-Afrika se grootste sake-skandale ná die ineenstorting van Steinhoff International.Styan, James-Brent. Steinhoff: Inside SA’s Biggest Corporate Crash. Tafelberg, 2018. .
In 2020 volg The Bosasa Billions: How the ANC Sold Its Soul, wat fokus op die invloed van Bosasa en politieke korrupsie.
In 2024 publiseer Styan sy mees onlangse werk, The Dirty Secrets of the Rich and Powerful: Exposing the Dark Side of Capitalism. Die boek ondersoek wêreldwye ekonomiese ongelykheid, korporatiewe mag, belastingontduiking, medisynekoste en die manipulasie van aandelemarkte. Dit stel vrae oor hoe mega-korporasies meer invloed het as regerings en hoe hierdie magsdinamika die alledaagse lewe van gewone mense beïnvloed. Een hoofstuk fokus op gesondheidsorg in Suid-Afrika, veral die invloed van medisynepatente op toegang tot gesondheidsorg. Die werk is beskryf as ’n "ongemaklike maar noodsaaklike blik op die wyse waarop invloedryke maatskappye die prys en beskikbaarheid van basiese dienste bepaal".Daily Maverick. ‘The Dirty Secrets of the Rich and Powerful’ — examining patent issues in SA’s healthcare system. 29 Junie 2024. News24. James-Brent Styan exposes billionaire blunders in The Dirty Secrets of the Rich and Powerful. 19 Junie 2024.
Bibliografie Blackout: The Eskom Crisis (2015) Heartbreaker: Christiaan Barnard and the First Heart Transplant (2018) Steinhoff: Inside SA’s Biggest Corporate Crash (2018) The Bosasa Billions: How the ANC Sold Its Soul (2020) The Dirty Secrets of the Rich and Powerful (2024)
Persoonlike lewe
Styan woon in Kaapstad. Hy skryf steeds deeltyds en werk in kommunikasie in die staatsdiens.
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse joernaliste Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Lewende mense Kategorie:Geboortes in 1980