Die Singapoerse algemene verkiesing van 2025 (Engels: 2025 Singaporean general election) het op 3 Mei 2025 plaasgevind om die 97 lede van die Singapoerse parlement te verkies. Hierdie was die eerste verkiesing sedert 2001 waarin Lee Hsien Loong nie die People's Action Party lei nie aangesien Lawrence Wong vir hom op 15 Mei 2024 as eerste minister opgevolg het. Op 15 April het die president Tharman Shanmugaratnam die parlement ontbind na 'n versoek van Wong en kortliks daarna het Elections Singapore die verkiesingsdatum aangekondig.
Die regerende PAP het al elke liewe verkiesing in die land gewen sedert die Verenigde Koninkryk self-regering in die stadstaat toegelaat het. Die verkiesing is weereens deur die PAP gewen en hulle het hul meerderheid in die parlement vergroot deur 87 uit die 97 setels te wen. Die Werkersparty het die tien oorblywende setels gewen.
Partyleiers in die verkiesing
Verwysings
Kategorie:Singapoer Kategorie:Verkiesings in 2025