Die geelblombos (Metalasia aurea) is 'n blomdraende halfstruik wat deel van die Asteraceae familie is. Die spesie is endemies aan die Oos-Kaap en die Wes-Kaap. Dit kom veral in die Kougaberge en ooswaarts tot by Gqeberha voor. Dit kom ook in die Witteberg naby Laingsburg en by Kaap Infanta voor.
Dit groei op berghellings 0 - 1000 m en is deel van die fynbos. Die spesie staan ook as die geelsteekbossie bekend.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
aurea Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika