(, gewone mates) was 'n Franse maateenheid wat deur die Franse Keiser Napoleon I op 12 Februarie 1812 ingestel is as 'n kompromie tussen die metrieke stelsel en tradisionele Franse maateenhede. Die stelsel is beperk tot die kleinhandelbedryf en was in gebruik tot 1840, toe die wette van meting van 1795 en 1799 weer ingestel is.
Die rasionaal agter die nuwe stelsel
In die vyf jaar voordat die Franse Eerste Republiek die metrieke stelsel ingestel het, is alle pogings aangewend om die burgers bewus te maak van die komende veranderings en om hulle daarop voor te berei. Die administrasie het tienduisende opvoedkundige pamflette versprei; privaat ondernemings het opvoedkundige speletjies, gidse, almanakke, en omskakelingshulpmiddels vervaardig; en meterstandaarde is in die mure van prominente geboue rondom Parys ingebou. Die bekendstelling van die veranderinge het in fases per distrik oor die volgende paar jaar gebeur, met Parys as die eerste distrik wat verander het. Die regering het ook besef dat die mense meterliniale sou nodig hê, maar hulle het slegs 25 000 van die 500 000 benodigde liniale aan Parys verskaf en dít eers 'n maand nadat die meter die enigste wettige maateenheid geword het. Om daarvoor te vergoed het die regering aansporings vir die massaproduksie van linale ingestel. Die polisie in Parys het wydverspreide verontagsaming van die vereiste om slegs die metrieke stelsel te gebruik onder handelaars aangemeld. Waar die nuwe stelsel wel gebruik is, is dit deur winkeliers misbruik om pryse af te rond en kleiner hoeveelhede te gee.
Napoleon I, die Franse Keiser, het nie van die ongerief gehou om die hoë faktorbaarheid van tradisionele maatreëls vir desimalisering prys te gee nie, en het erken dat dit nie maklik deur die bevolking aanvaar gaan word nie. Onder die (keiserlike dekreet van 12 Februarie 1812) het hy 'n nuwe maatstelsel, die of "gewone mates", ingestel vir gebruik in kleinhandelondernemings. Alle regerings-, regs- en soortgelyke werke moes egter steeds die metrieke stelsel gebruik en die metrieke stelsel het voortgegaan om op alle vlakke van onderwys onderrig te word.For example the engineering textbook,
Die prototipes van die metrieke eenheid, die kilogram en die meter, het 'n onmiddellike standaardisering van meting oor die hele land moontlik gemaak, wat die verskillende wetlike maatreëls in verskillende dele van die land en selfs meer oor die hele Europa vervang het. Die nuwe (bekend as die ) is gedefinieer as vyfhonderd gram, en die nuwe () is gedefinieer as twee meter. Produkte kon in winkels verkoop word onder die ou name en met die ou verhoudings, maar met metrieke-gebaseerde en effens veranderde absolute groottes. Hierdie reeks metings is genoem.
Napoleon se dekreet is uiteindelik tydens die bewind van koning Louis Philippe I herroep deur die (wet van 4 Julie 1837), wat op 1 Januarie 1840 in werking getree het, en het die oorspronklike metrieke stelsel heringestel. Dit het die stelsel van tot 'n wettige einde gebring, alhoewel die tot vandag toe in informele gebruik bly.
Sien ook SI-stelsel
Verwysings
Kategorie:Frans Kategorie:SI-eenhede