Vlottenburg is in die plattelandse gebied digby Stellenbosch, bekend vir sy wynplaas met 'n aktiewe wynkelder.
Hierdie oorwegend boerderystreek met enkele kleiner nedersettings is ‘n 5 km suidwes van die dorp in die vallei van die Eersterivier (rivier). Die Baden Powell-verbypad (die R310) na Faure, die Polkadraaipad (die M12) en die spoorlyn gaan deur die area. By die Eersterivier-wynkelder en die Van Ryn-brandewyndistilleerdery is ‘n spoorweghalte.
Reeds is 1707 was die plaas in die besit van die twee Hugenote Pierre Rochefort en Gérard Hanseret. Jacob Roux het die huis met sy Kaaps-Hollandse gewel gebou. Dit is in 1930 gerestoureer. Die wynkelder dateer uit 1945.
Kategorie:Stellenbosch