Die Azerbeidjanse nasionale sokkerspan (Azerbeidjans: Azərbaycan milli futbol komandası) verteenwoordig Azerbeidjan in internasionale sokker en word beheer deur die Azerbeidjanse Sokkerfederasie (AFFA). Die span het in 1994 by FIFA en UEFA aangesluit ná die land se onafhanklikheid van die Sowjetunie in 1991. Azerbeidjan het nog nooit vir 'n Sokker-Wêreldbeker of Europese Kampioenskap gekwalifiseer nie.
Verwysings
Eksterne skakels Lys van internasionale wedstryde
Kategorie:Nasionale sokkerspanne Kategorie:Sokker in Azerbeidjan