Die Whisky-treinmonument herdenk ‘n insident wat tydens die Tweede Vryheidsoorlog naby Val in Mpumalanga plaasgevind het.
Ligging Die gedenkteken is by 26° 47′ 01.18″ suid, 28° 52′ 59.66″ oos, op ‘n hoogte van 1587 m bo seevlak en 6 km noordwes van die spoorweghalte Val tussen Standerton en Greylingstad.
Gebeure Kommandant Fanie Buys en die Heidelberg-kommando was bedrewe in die opblaas van spoorlyne en brûe. Op 29 Desember 1900 het die broers Jack en Gert van den Heever plofstof onder ‘n klein spoorwegbruggie by Val geplaas en die aankomende goederetrein het ontspoor en teen ‘n wal afgerol.
Die trein was gelaai met geskenke, lekkernye en drank vir die Tommies in die veld se Kersfees en Nuwejaarsfeesvieringe. Boer en Brit (die Britse krygsgevangenes, treinpersoneel en enkele Tommies) het vir ‘n wyle van die oorlog vergeet en heerlik saam on die treinwrak feesgevier.
Daar was geen sterfgevalle nie. Op 3 November 2012 is ‘n gedenkteken op die ongelukstoneel opgerig.
Galery
Bibliografie monument-sa.co.za/die-whisky-trein-val-heidelberg-greylingstad/ samilitary.org/vol156rs.html
Kategorie:Monumente en gedenkwaardighede in Suid-Afrika