Die Irannese nasionale sokkerspan (Persies: تیم ملی فوتبال ایران) verteenwoordig Iran in internasionale sokker en word beheer deur die Iraanse Sokkerfederasie (FFIRI). Iran het sy eerste internasionale wedstryde in 1941 gespeel teen Afghanistan en Indië in Kaboel en is sedert 1948 'n lid van FIFA en sedert 1958 'n lid van die Asiatiese Sokkerkonfederasie (AFC). Hulle het die Asiatiese Kampioenskap drie keer gewen (1968, 1972, 1976) ses keer aan die FIFA Wêreldbeker deelgeneem (die eerste deelname was in 1978 toe Iran nog 'n monargie was), maar het dit nog nooit verby die groepfase gehaal nie.

’n Historiese Wêreldbeker-wedstryd was in 1998 toe Iran die Verenigde State verslaan het – 'n land wat die politieke leierskap in Iran "Die Groot Satan" noem.

Op 25 Maart 2025 het Iran gekwalifiseer vir die 2026 Wêreldbeker, wat in die Verenigde State gespeel sal word.

Verwysings

Eksterne skakels Lys van internasionale wedstryde

Kategorie:Nasionale sokkerspanne