'n Aardtrojaan is 'n asteroïed wat naby die Aarde se Lagrange-punte L4 (60° voor) of L5 (60° agter) om die Son wentel en dus 'n soortgelyke wentelbaan as die Aarde het. Nog net twee aardtrojane is tot dusver ontdek. Die term "trojaan" is in 1906 die eerste keer gebruik vir die trojane van Jupiter, die asteroïede wat naby dié planeet se Lagrange-punte waargeneem is.
Lede thumb|220px|'n Illustrasie van , een van die twee bekende aardtrojane.
L4 (voor) : 'n asteroïed met 'n deursnee van 300 m wat in Januarie 2010 ontdek is. : in Desember 2022 ontdek en in Januarie 2021 as 'n aardtrojaan erken. Dit het 'n deursnee van 1,2 km.
L5 (agter) Geen bekende voorwerpe hier word tans as aardtrojane erken nie.
Soektogte 'n Aardgebaseerde soeke na voorwerpe by L5 is in 1994 uitgevoer. Dit het 0,35 vierkante grade van die lug gedek. Received 24 November 1997; revised 13 April 1998. Geen sodanige voorwerpe is gevind nie.
In Februarie 2017 het die OSIRIS-REx-ruimtetuig 'n soektog in die L4-streek uitgevoer op pad na die asteroïed Bennu. Geen bykomende aardtrojane is ontdek nie.
In April 2017 het die Hayabusa2-ruimtetuig die L5-streek deursoek op sy pad na die asteroïed Ryugu, maar het geen asteroïede daar gevind nie.
Reusebotsingshipotese duimnael|220px|’n Kunstenaarsvoorstelling van die botsing tussen die Aarde en "Theia" wat gelei het tot die vorming van die maan.
'n Hipotetiese aardtrojaan so groot soos Mars, wat Theia gedoop is, het volgens voorstanders van die reusebotsingshipotese die Maan gevorm nadat dit teen die Aarde gebots het. Materiaal van die twee planete is die lug in geskiet. Dit het om die Aarde versamel en een, groot liggaam, die Maan, gevorm.
Terselfdertyd het materiaal van Theia met die Aarde se kern en mantel gemeng. Ondersteuners van die hipotese meen die Aarde se groot kern in verhouding met sy algehele volume, is 'n gevolg van dié kombinasie.
Ander metgeselle van die Aarde Verskeie ander klein voorwerpe is in wentelbane wat met die Aarde verbind word. Hoewel hulle in 1:1-resonansies met die Aarde is, is hulle nie aardtrojane nie, want hulle libreer nie by die Son-Aarde-stelsel se L4- of L5-punt nie.
Die Aarde het nog 'n noemenswaardige metgesel, die asteroïed 3753 Cruithne. Dit is sowat 5 km breed en het 'n besondere soort baanresonansie wat 'n oorvleuelende hoefyster genoem word, en is waarskynlik net tydelik.
469219 Kamoʻoalewa, 'n asteroïed wat op 27 April 2016 ontdek is, is moontlik die Aarde se stabielste kammasatelliet.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Nabyaardevoorwerpe