duimnael|Bach se 1748–1749 outograafpartituur van die "Et incarnatus est", die 13de beweging van sy Mis in B-mineurD-B Mus.ms. Bach P 180. Bach Digital. Leipzig: Bach Archive; et al. 2020-01-13. Die Mis in B-mineur (), BWV 232, is 'n uitgebreide toonsetting van die orde van die mis deur Johann Sebastian Bach. Die komposisie is in 1749 voltooi, die jaar voor die komponis se dood, en was tot 'n groot mate gebaseer op vroeëre werk, soos 'n Sanctus wat Bach wat in 1724 gekomponeer het. Gedeeltes wat spesifiek gekomponeer is om die Mis in die laat 1740's te voltooi, sluit die "Et incarnatus est"-deel van die Credo in.
Soos die gebruik van die tyd was, is dié mis in die formaat van 'n Napolitaanse mis: Dit bestaan uit 'n opeenvolging van koorbewegings met 'n breë orkesbegeleiding, en seksies waarin 'n kleiner groep intrumentensembles een of meer solosangers begelei. Van die meer ongewone kenmerke van die komposisie is die skaal daarvan: 'n totale uitvoeringstyd van ongeveer twee uurJohann Sebastian Bach: Mass in B minor, BWV 232 by ArkivMusic-webtuiste. en 'n besetting twee SATB-koor en -sangers, asook 'n orkes met 'n uitgebreide blaserseksie, strykers en continuo. Die toonsoort daarvan, B-mineur, is nogal uitsonderlik vir 'n komposisie met natuurtrompette in D, hoewel baie meer seksies van die werk in D eerder as in B-mineur is.Stockigt, J.B. 2013. Bach's Missa BWV 232I in the context of Catholic Mass settings in Dresden, 1729–1733. In Tomita, Y., Leaver, R. & Smaczny, J. (reds.). Exploring Bach's B-minor Mass. Cambridge University Press, bl. 39–53.
Nog meer uitsonderlik is dat Bach – 'n Lutheraan – die komposisie as 'n missa tota getoonset het. In Bach se tyd het 'n mis wat vir Lutherse dienste saamgestel is gewoonlik net uit 'n Kyrie en Gloria bestaan. Bach het vyf sulke Kyrie-Gloria-misse gekomponeer voordat hy die Mis in B-mineur voltooi het: die Kyrie–Gloria-misse (BWV 233–236), wat in die laat 1730's gekomponeer is; en die mis vir die Dresden-hof, wat uiteindelik die eerste deel van sy enigste missa tota sou word, in 1733. Die mis is waarskynlik nooit in sy geheel in Bach se leeftyd uitgevoer nie. Die vroegste gedokumenteerde volledige uitvoering het eers in 1859 plaasgevind. Met 'n legio opnames van die werk, is dit een van Bach se gewildste vokale werke.
In 2015 is Bach se persoonlike handgeskrewe manuskrip van die mis, wat deur die Berlynse Staatsbiblioteek bewaar word, in die UNESCO se Memory of the World-register ingesluit, 'n projek om kultureel beduidende dokumente en manuskripte te beskerm en te bewaar.
Agtergrond en konteks Op 1 Februarie 1733 het Augustus II die Sterke, koning van Pole, groothertog van Litaue en keurvors van Sakse gesterf. Vyf maande van rou het hierop gevolg, waartydens alle openbare musiekuitvoerings vernied is. Bach het die geleentheid gebruik om 'n mis (BWV 232a) – 'n gedeelte van die liturgie wat in Latyn gesing is en deel was van die liturgie van sowel die Lutherse as Rooms-Katolieke rites – gekomponeer. Sy doel was om die werk aan die nuwe keurvors, Augustus III, op te dra, wat 'n bekeerling tot Katolisisme was. Hy het hiermee sy hoop geplaas op die pos van hofkomponis van die Saksiese keurvors. Ná voltooiing daarvan het Bach Augustus III in Dresden besoek en 'n afskrif van die Kyrie–Gloria-mis (BWV 232 I – vroeë weergawe) aan die koning oorhandig, tesame met 'n versoekskrif (gedateer 27 Julie 1733) om 'n hoftitel te kry; in die meegaande inskrywing op die omslag van die mis kla Bach dat hy op "onskuldige wyse een of ander onreg" in Leipzig aangedoen is.'n Engelse vertaling van die brief word weergegee in: David, H.T. & Mendel, A. 1945. The Bach reader: A life of Johann Sebastian Bach in letters and documents. W. W. Norton, bl. 128. (Ook in: David, H.T. & Mendel, A, revised by Wolff, C. 1988. The new Bach Reader: A life of Johann Sebastian Bach in letters and documents, W.W. Norton, bl. 158.) Die versoekskrif het nie tot onmiddellike sukses gelei nie, maar Bach se wens is uiteindelik toegestaan toe hy in 1736 as hofkomponis vir Augustus III aangestel is.Rathey, M. 2016. Bach's major vocal works. Music, drama, liturgy. New Haven: Yale University Press.
In die laaste jare van sy lewe het Bach die mis ontwikkel tot 'n volledige toonsetting van die Latynse orde van die mis. Dit is egter onbekend wat hierdie kreatiewe poging aangespoor het. Wolfgang Osthoff en ander geleerdes postuleer dat Bach die voltooide Mis in B-mineur gekomponeer het vir uitvoering tydens die inwyding van die nuwe Hofkerk in Dresden, 'n Katolieke katedraal wat aan die Heilige Drie-eenheid gewy is. Bouwerk aan dié katedraal het in 1738 begin, maar eers in 1751 voltooi. Bach se dood in Julie 1750 het verhoed dat sy mis vir gebruik by die inwyding ingedien kon word. Pleks daarvan is Johann Adolph Hasse se Mis in D-mineur uitgevoer, 'n werk wat baie ooreenkomste toon met Bach se mis – die Credo-bewegings in albei werke bevat byvoorbeeld gelyksang oor 'n lopende baslyn.Stauffer G.B. 1997. Bach: The Mass in B Minor. Schirmer Books, bl. 258–59. In 2013 het Michael Maul navorsing gepubliseer wat die moontlikheid voorstel dat Bach dit eerder gekomponeer het vir uitvoering in Wene se Sint Stefanus-katedraal (Rooms-Katoliek) op Sint Cecilia-dag in 1749, as gevolg van sy verbintenis met graaf Johann Adam von Questenberg.Maul, M. 2013. 'The Great Catholic Mass': Bach, Count Questenberg and the Musicalische Congregation in Vienna," In: Tomita, Y., Leaver, R.A. & Smaczny, J. Exploring Bach's B-minor Mass. Cambridge: Cambridge University Press. Ander verduidelikings is minder gebeurtenisspesifiek en fokus op Bach se belangstelling in "ensiklopediese" projekte (soos Die kuns van die fuga, BWV 1080), wat 'n wye verskeidenheid van style ten toon stel, asook Bach se begeerte om van sy beste vokale musiek in 'n formaat te bewaar wat 'n wyer potensiële toekomstige gebruik sou hê as die kerkkantate waaruit dit ontstaan het (sien "Bewegings en hul oorsprong" hieronder).Rathey, M. 2016. Bach's major vocal works. Music, drama, liturgy. New Haven: Yale University Press.
Chronologie duimnael| Die eerste bladsy uit die outograafpartituur van die Symbolum Nicenum, wat met die Gregoriaanse lied Credo in die tenoorparty begin Die chronologie van die Mis in B-mineur trek uitgebreide wetenskaplike aandag. Onlangse literatuur stel die volgende chronologie voor:
In 1724 het Bach 'n Sanctus vir ses vokale partye gekomponeer vir gebruik tydens die Kersdagdiens. Bach het dit hersien toe hy dit vir die Mis in B-Mineur heraangewend het. Hy het onder meer die aanvanklike metrum daarvan van 2/2 na 4/4 verander, en sy vokale besetting van SSSATB na SSAATB.Wolff, C. 2000. Bach: The learned musician. W.W. Norton, bl. 265. Soos hierbo genoem, het Bach in 1733 die Missa (Kyrie en Gloria) saamgestel gedurende die vyf maande lange rouperiode ná die dood van keurvors Augustus II op 1 Februarie, en voor 27 Julie, toe Bach die Missa (as 'n stel instrumentale en stempartye) aan die opvolger, Augustus III van Pole, oorhandig het. Dit is moontlik dat die Kyrie as roumusiek vir Augustus II bedoel was, en die Gloria as viering van die troonbestyging van Augustus III. In die middel-1740's (c. 1743–46)Williams, P. 2007. J.S. Bach: A life in music. Cambridge: Cambridge University Press, bl. 259. het Bach al drie bewegings uit die Gloria heraangewend vir 'n kantate vir Kersdag (Gloria in excelsis Deo, BWV 191) met geringe veranderinge aan musiek en teks. Gregory Butler voer aan dat Bach by dieselfde diens (Butler identifiseer die jaar as 1745, toe die Vrede van Dresden gevier is) ook die 1724-Sanctus gebruik het,Butler, G. 1992. Johann Sebastian Bachs Gloria in excelsis Deo BWV 191: Musik für ein Leipziger Dankfest. In Bach Jahrbuch 78: 65–71. en dat hierdie hergebruk van die 1733-Missa die komponis tot verdere ontwikkeling aangespoor het. In die "laaste drie of so jaar" van sy lewe het Bach die Credo (Symbolum Nicenum of Niceense Geloofsbelydenis) en die res van die werk gekomponeer of saamgestel; baie geleerdes, insluitend Christoph Wolff, glo dat hy dit in 1748–49 gedoen het. Dié datering word deels weerspieël in die bevindinge van Yoshitake Kobayashi, wat aanvoer dat die Credo in Augustus tot Oktober 1748 gekomponeer is, gebaseer op Bach se toenemend stywer en moeisamer handskrif.Kobayahsi, Y. 1988. Zur Chronologie der Spätwerke Johann Sebastian Bachs, Kompositions- und Auffuhrungstätigket vom 1736–50. In Bach-Jahrbuch 74: 7–72. Wolff voer onder meer aan dat die "Et incarnatus est"-gedeelte Bach se laaste betekenisvolle komposisie was.Wolff, C. 1991. Bach: Essays on his Life and Music. Boston: Harvard University Press, bl. 332. Hoewel die woorde aanvanklik in die voorafgaande duet ingesluit was, het Bach besluit om dit as 'n aparte beweging vir koor te toonset, wat die woorde meer beklemtoning gee en die simmetrie van die Credo verbeter. John Butt voer aan dat 'n definitiewe finale datum van 25 Augustus 1749 gegee kan word, gebaseer op die feit dat CPE Bach op dié datum 'n toonsetting van die Magnificat voltooi het met 'n "Amen"-koor wat "duidelike ooreenkomste" met die "Gratias"-gedeelte van die Missa en die "Et expecto" uit die Credo toon.Butt, J. 1991. Bach: Mass in B Minor (Cambridge Music Handbooks). Cambridge: Cambridge University Press, bl. 20–21. CPE Bach het later geskryf dat hy dié Magnificat (Wq 215) in 1749 in Leipzig uitgevoer het tydens 'n Mariafees, toe sy pa (dus JS Bach) nog geleef het."an einem Marienfeste ... noch zu den Lebzeiten des nunmehro seligen Herrn Vaters." Bach-Dokumente III, bl. 703.
Titel Bach het geen titel aan die Mis in B-mineur gegee nie. Pleks daarvan het hy die 1748–49-manuskrip in vier dele georganiseer, elk met 'n ander titel:
1. Missa: die Kyrie en Gloria 2. Symbolum Nicenum: die Credo 3. Sanctus: die Sanctus 4. Osanna | Benedictus | Agnus Dei et | Dona nobis pacem: die res.
John Butt skryf dat dit lyk asof die formaat doelbewus ontwerp is sodat elkeen van die vier dele afsonderlik gebruik kan word.Butt, J. 1999. Mass in B Minor. In Boyd, M & Butt, J. (reds.). Oxford composer companions: J. S. Bach. Oxford: Oxford University Press, bl. 284. Aan die ander kant is die dele in die manuskrip genommer van 1 tot 4, en Bach se gewone slotformule (SDG, Soli Deo Gloria) word eers aan die einde van die Dona nobis pacem aangetref. Verder skryf Butt: Die merkwaardigste omtrent die algehele vorm van die Mis in B-mineur is dat Bach daarin geslaag het om 'n samehangende volgorde van bewegings uit diverse materiaal te vorm.Sien Butt 1999, bl. 286. ButtSien Butt 1991, bl. 92–101. en George StaufferSien Stauffer 1997, bl. 250–255. gee besonderhede oor die wyses waarop Bach algehele musikale eenheid aan die werk gegee het.