duimnael Masatoshi Koshiba (小柴 昌俊, Koshiba Masatoshi, 19 September 1926 – 12 November 2020) was 'n Japannese fisikus en een van die stigters van neutrino-astronomie. Sy werk met die neutrino-verklikkers Kamiokande en Super-Kamiokande was instrumenteel in die opsporing van sonneutrino's, wat eksperimentele bewyse vir die sonneutrino-probleem verskaf het.
Koshiba het die Nobelprys vir fisika in 2002 gewen, saam met Raymond Davis Jr., “vir baanbrekersbydraes tot astrofisika, veral vir die opsporing van kosmiese neutrino’s”.
Hy was 'n senior berader by die Internasionale Sentrum vir Elementêre Deeltjiefisika (ICEPP) en professor aan die Universiteit van Tokio.
Eksterne skakels
Kategorie:Nobelprys vir Fisika wenners Kategorie:Geboortes in 1926 Kategorie:Sterftes in 2020