Die T.C. Robertson-natuurreservaat is ‘n klein natuurpark by Scottburgh in KwaZulu-Natal.
Hierdie beskermde gebied van 20 ha lê op die suidelike oewer van en naby die mond van die Mpambanyonirivier, tussen die R102-pad en die N2-pad en ‘n paar minute se stap van die strand. Kleiner wildsbokke, meerkatte, 180 voëlspesies en 80 soorte inheemse bome kom hier voor. Twaalf kilometer aan wandelpaaie is uitgelê.
Die park is in 1989 geopen en vernoem na dr. Thomas Chalmers Robertson (*15 September 1907 - †11 Januarie 1989), ‘n bekende Suid-Afrikaanse bewaringskundige, skrywer, ekoloog en oorlogskorrespondent.
Bibliografie safarinow.com/destinations/scottburgh/naturereserves/tc-robertson-nature-reserve.aspx sa-venues.com/game-reserves/tc-robertson.php visistkznsouthcoast.co.za/vic/scottburgh/tc-robertson-nature-reserve
Kategorie:Natuurreservate in KwaZulu-Natal