Die Demokratiese Republiek die Kongo se nasionale sokkerspan (Frans: Équipe nationale de football de la République démocratique du Congo) verteenwoordig die DR Kongo in internasionale sokker en word beheer deur die Federasie van Kongolese Sokkerverenigings (FECOFA).
Die span het die Afrikanasiesbeker twee keer gewen, in 1968 en 1974. Hulle het ook aan die FIFA Wêreldbeker in 1974 deelgeneem, toe die land bekend gestaan het as Zaïre, wat hulle die eerste sub-Sahara Afrikaland gemaak het om dit te doen.
Op 31 Maart 2026 het hulle vir die eerste keer in 52 jaar vir die Wêreldbeker gekwalifiseer.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Nasionale sokkerspanne Kategorie:Sokker in die Demokratiese Republiek die Kongo