Glencoe is 'n dorp in die noorde van KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Die dorp en omgewing het 'n bevolking van 17 548 in 2011 gehad. Die dorp is 10 km wes van Dundee.
Geskiedenis Die dorpie het as Biggarsberg-aansluiting begin toe die Durban-Johannesburgspoorlyn hierdie punt in 1889 bereik het. 'n Nuwe dorp is in 1921 by die aansluiting aangelê en die naam is verander na Glencoe, na 'n vallei in Skotland.
Distrik Die dorp het in 1964 sy eie distrik gekry van 668 km2. Skaap- en beesboerdery is die belangrikste aktiwiteite.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Bronne
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in KwaZulu-Natal