Shiva (uitspraak: ; Sanskrit: शिव , letterlik "Die Gunstige") of Sjiwa is een van die belangrikste Hindoegode en ’n aspek van die Trimurti (Hindoe-drie-eenheid). Hy is die oppergod in Shaivisme, een van die groot Hindoetradisies.
Shiva is die "vernietiger en vervormer" in die Trimurti, wat ook Brahma en Vishnu insluit.Zimmer (1972) pp. 124-126Jan Gonda (1969), The Hindu Trinity, Anthropos, Bd 63/64, H 1/2, ble. 212–226 In Shaivisme skep, bewaar en vervorm hy die heelal. In die Shaktisme-tradisie is die godin Devi die opperheerseres, maar Shiva word ook saam met Vishnu en Brahma aanbid. ’n Godin is die energie en skeppingskrag (Shakti) van elk, terwyl Parvati die gelykwaardige metgesel van Shiva is. In die Smartisme-tradisie is hy een van vyf primêre gode.
Op die hoogste vlak word Shiva beskou as vormloos, onbeperk, voortreflik en onveranderend, en die oorspronklike atman (siel, self) van die heelal.Davis, pp. 113–114. Hy kan as goedaardig of vreesaanjaend uitgebeeld word. Hy kan ’n alwetende yogi wees wat ’n asketiese lewe op die berg Kailash lei of ’n huislike god saam met sy vrou, Parvati, en twee kinders , Ganesha en Kartikeya. Of hy kan uitgebeeld word as die verslaner van drake. Shiva is ook bekend as Adiyogi Shiva en is die beskermgod van joga, meditasie en die kunste.Shiva Samhita, vertalings deur Mallinson.Varenne, p. 82.
Die gewildste ikonografiese eienskappe van die god is ’n derde oog aan sy voorkop, ’n slang om sy nek, die sekelmaan, die heilige rivier Ganga wat uit sy hare vloei, die drietandvurk (trishula) as sy wapen en ’n klein trom (damaru). Hy word gewoonlik aanbid in die vorm van die linga.Fuller, p. 58.
Posisie in Hindoeïsme duimnael|240px|links|Die Lingodbhava is ’n ikoon wat Shiva uitbeeld waar hy verrys uit die linga (’n oneindige vuurpilaar), wat vertel hoe Shiva die belangrikste god in die Trimurti is. Brahma en Vishnu word getoon waar hulle voor Lingodbhava Shiva in die middel buig. Shaivisme
Shaivisme is een van vier groot tradisies van Hindoeïsme; die ander is Vaishnavisme, Shaktisme en Smartisme. Die volgelinge van eersgenoemde beskou Shiva as die Opperwese: die skepper, bewaarder, vernietiger, vervormer van die heelal, en die onthuller en geheimhouer van alles wat bestaan.
Hy is nie net die skepper in Shaivisme nie, maar ook die skepping wat hy voortbring; hy is alles en oral. Shiva is die oorspronklike siel, die suiwer bewustheid en die algehele werklikheid.
Vaishnavisme
Die geskrifte van Vaishnavisme, wat om Vishnu wentel, erken en bespreek Shiva en beskou hom as ’n opperwese. Nes in Shaivisme word beide Shiva en Vishnu egter vereer (saam met Devi). Vaishnavistiese geskrifte sonder nie ’n god uit nie en van hulle, soos die Bhagavatapurana, prys Krishna as die Uiterste Werklikheid, maar noem Shiva en Shakti ook ’n verpersoonlikte vorm van en gelykwaardig aan dieselfde Uiterste Werklikheid.Edwin Bryant (2003), Krishna: The Beautiful Legend of God: Srimad Bhagavata Purana, Penguin, , ble. 10–12, Quote: "(…) accept and indeed extol the transcendent and absolute nature of the other, and of the Goddess Devi too"Ludo Rocher (1986), The Puranas, Otto Harrassowitz Verlag, , bl. 23 met voetnoteE.O. James (1997), The Tree of Life, BRILL Academic, , ble. 150–153
Net so prys die Shaivistiese geskrifte vir Vishnu, en in albei tradisies is daar mites waarin Shiva eer betoon aan Vishnu én Vishnu aan Shiva.
Shaktisme Die Shaktisme-tradisie is geskoei op die veronderstelling dat die Opperwese en Uiterste Werklikheid vroulik is, dus die Godin (of Devi), maar dit behandel die man as haar gelyke en komplementêre metgesel. Dié metgesel is Shiva.
Die vroegste verwysings in Hindoegeskrifte na die verering van vroue word reeds in die oudste Veda, die Rigveda, aangetref in ’n logsang genaamd Devisukta. Dit kom ook in ander geskrifte voor soos die Devi-Upanishad en die belangrike Shaktistiese geskrif Devi-Mahatmya.
Smartisme In die Smartisme-tradisie is Shiva deel van die Panchayatana puja, ’n praktyk waarin ikone van vyf gode gebruik word wat as gelykwaardig beskou word. Die ander ikone is van Vishnu, ’n Devi (soos Parvati), Surya en enige ander god(in) wat die aanbidder verkies. Dié ikone help aanbidders om die aspekte van Brahman te visualiseer en daarop te fokus, eerder as op aparte wesens.
Joga Shiva word beskou as die Groot Jogi wat geheel en al in homself verdiep is – die bosintuiglike werklikheid. Hy is die meester van die jogi's en die jogaleermeester van die wysgeers. As Shiva Dakshinamurthi is hy die opperghoeroe wat ander "in stilte leer oor die eenheid van hul innerlike self (atman) met die uiterste werklikheid (brahman)".
Die teorie en toepassing van joga in verskillende style is deel van al die groot tradisies van Hindoeïsme, en Shiva is die beskermgod of woordvoerder in talle Hindoegeskrifte oor die praktyk. Die tekste bevat die filosofie en tegnieke van joga. Dit kom na raming uit die latere dekades van die 1ste millennium v.C. en het bewaar gebly as jogageskrifte soos die Isvara Gita (letterlik "Shiva se Lied"). Ander bekende Shivatekste wat joga beïnvloed het, is die Shivasutras, Shivasamhita, ens.[a] ;[b] [a] ;[b]
Trimurti Die Trimurti is ’n begrip in Hindoeïsme waarin die kosmiese funksies skepping, onderhoud en vernietiging deur drie gode verpersoonlik word: Brahma die skepper, Vishnu die onderhouer en Shiva die vernietiger of vervormer.Matchett, Freda. "The ", in: Flood (2003), p. 139.;
Dié drie gode is al die "Hindoe-triade" of die "Groot drie-eenheid" genoem. Die antieke en Middeleeuse Hindoegeskrifte is egter vol verwysings na triades van gode en godinne, en nie almal sluit Shiva in nie.
Verwysings
Bronne
First Princeton-Bollingen printing, 1972.
Kategorie:Hindoegode