Justice is 'n Franse elektroniese musiekduo wat uit Gaspard Augé (* 21 Mei 1979) en Xavier de Rosnay (* 2 Julie 1982) bestaan.Eric Dahan: Que justice soit fête. In: Libération, 7 June 2007, and Julian Shovlin online Hierdie duo is die suksesvolste groep in kontrak met Ed Banger Records, en word deur die hoof van die uitgewer, Pedro Winter, bestuur. Justice staan bekend vir hul kenmerkende sameflansing van rockelemente met hul elektroniese musiek.

duimnael|links|250px|Justice tydens 'n opvoering (2007). Justice se styl is al beskryf as hebbend van rockelemente en selfs heavy metal-elemente. New York Times review Hulle kombineer opgekerfde baslyne met 'n saamgepersde en verwronge sintetiese klank. Hul musiek bevat gereeld die basslaptegniek wat aan die musiek 'n electro house-klank gee. Justice gebruik ook dele uit ander snitte om tot hierdie effek by te dra, soos met die snit "Tthhhee Ppaarrttyy" saam met Uffie.

Die instrumente wat Justice gebruik om hul musiek te produseer, sluit in: 'n Apogee Ensemble Recording Interface, 'n Power Mac G5-rekenaar, hul Korg RADIAS, MicroKORG en Cubase, en ander samestellingsagteware. Tydens regstreekse optredes is daar gewoonlik 'n Korg RADIAS, drie JazzMutant Lemur Input Devices, twee MacBook Pro's wat Ableton Live aandryf, 'n Korg MicroKorg, 'n AKAI MPD24, 'n Korg ZERO8, en 'n Pioneer DJM800 op die verhoog. Aan beide kante van "Valentine" ('n gebreekte modulêre sintetiseerder-verhoogrekwisiet) staan nege gestapelde Marshall-kabinetfronte, wat 'n totaal van agttien meebring. Behind the Scenes with Justice in Rio Die kabinetstapels is bykomende nie-funksionerende verhoogrekwisiete wat vir versiering daar geplaas word.Electronica That Rocks, à la Française Hul platejoggie-opstelling sluit twee Pioneer CDJ-1000MK3's en 'n Pioneer DJM800 in.

Diskografie † (2007) A Cross the Universe (2008) Woman (2016)

Eksterne skakels MySpace-profiel

Verwysings

Kategorie:Franse musiekgroepe