Ambon is 'n stad in Indonesië op die Amboneiland, en die hoofstad van die Molukke-provinsie. Dit dien ook as 'n belangrike hawe, en het 'n lughawe (Pattimura Internasionale Lughawe) en twee universiteite.
Ambon het as stad 5 gebiede (kecamatan): Nusaniwe • Sirimau • Teluk Ambon Baguala • Teluk Ambon • Leitimur Selatan
Geskiedenis duimnael|400px|links|Ambon met Fort Victoria, in 1724 deur Valentyn geskets Die stad is in 1526 deur Portugese seevaarders verower. Hulle bou Fort Victoria. In 1609 kom die Hollanders van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie daar aan. In ekonomiese opsig was die gebiede in Asië belowend (vir naeltjies) vir die Kompanjie, en gevolglik word Ambon 'n belangrike handelspos.
Die stad het konflik tussen Christene en Moslems beleef van 1999 tot 2004.
Burgemeesters Nederlands-Indiese tyd: J.A.F. Schut (1926-1933); J. van Arkel (1933-1936); H. Scheffer (1935-1937); J.F. Dee (1937-1939); Dr. H.D. von Meyenfeldt (1939-1942). Indonesiese tyd: Wattimena (1989); Sudiyono (1995); Tanasele (1999); Drs. Markus Jacob Papilaja (2003-nu). links|400px Susterstede Vlissingen, Nederland Darwin, Australië
Kategorie:Nedersettings in Indonesië