Popplepiek (Engels: Popple Peak) is 'n berg in die Drakensbergreeks in Suid-Afrika. Dit is geleë op die grens tussen Suid-Afrika en Lesotho, op die waterskeiding wat die grens tussen die twee lande vorm. Popplepiek is 3331 m bo seespieël en het 'n hoogte van ongeveer 300 meter bokant die omliggende platorand. Dit is die 13de hoogste piek in Suid-AfrikaMountain Club of South Africa list of Drakensberg Peaks released in 1994 en is sigbaar van so ver as Estcourt en Ladysmith in die KwaZulu-Natalse Middellande.

Hierdie piek word as 'n Khulu beskou, 'n piek bo 3000 meter en nie binne 1 km van 'n ander Khulu nie, soos gedefinieer deur die Bergklub van Suid-Afrika.

Die piek is in 1946 deur Barry Anderson genoem na John Poppleton wat saam met Anderson en Des Watkins die piek uitgeklim het. By aankoms op die kruin het 'n donderstorm opgesteek, en Poppleton was bekommerd oor sy veiligheid, wat veroorsaak het dat hy spoedig die kruin verlaat het. Anderson het later die opname van die piek aan die landmeter-generaal gestuur met die hoogte en naam "Popple Peak".

Verwysings

Kategorie:Berge van Suid-Afrika