thumb|200px|Arthur Stanley Eddington (1882-1944).
In astrofisika is die Eddingtongetal, , die getal protone in die waarneembare heelal. Die Britse astrofisikus Arthur Eddington het dit oorspronklik bereken as ongeveer . Huidige skattings maak dit ongeveer .
Die term is genoem na Eddington, wat in 1940 die eerste persoon was wat 'n waarde van voorgestel het en verduidelik het waarom dié getal belangrik kan wees vir fisiese kosmologie en die grondslae van fisika.
Geskiedenis Eddington het aangevoer dat die waarde van die fynstruktuurkonstante, α, deur suiwer afleiding verkry kan word. Hy het α in verband gebring met die Eddingtongetal, wat sy skatting was van die getal protone in die heelal.. Dit het hom in 1929 laat vermoed dat α presies 1/136 was.
Hy het 'n "bewys" bedink dat , of omtrent . Ander fisici het nie hierdie vermoede en sy argument aanvaar nie. Dit het selfs daartoe gelei dat 'n groot tydskrif die idee bespot het.
Tydens 'n kursus lesings wat hy in 1938 as dosent by Trinity College, Cambridge gelewer het, het Eddington gesê:
Hierdie groot getal is gou die "Eddingtongetal" genoem.
Kort daarna het verbeterde metings van α waardes nader aan 1/137 opgelewer, waarna Eddington sy "bewys" verander het om te wys dat α presies 1/137 moes wees.
Huidige skattings van NEdd dui op 'n waarde van ongeveer . Dié skattings neem aan dat alle materie as waterstof geneem kan word en vereis veronderstelde waardes vir die getal en grootte van sterrestelsels en sterre in die heelal.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Astrofisika